Loading Events

« Alle Intreeredes

Prof Rulof Burger

Intreerede

7 Mei 2024 @ 17:3018:30

Fakulteit Ekonomie en Bestuurswetenskappe

Van data tot deurbraak: die rol van ekonome in die era van masjienleer

Die bevordering en verfyning van masjienleertegnieke dra by tot ’n opwindende era vir wetenskaplikes wat menslike gedrag deur data bestudeer. Tesame met die groei in berekeningskrag, die snelle toename in gedragsdata, en deurbrake op neurowetenskaplike gebied, berei dít die weg vir die bou van modelle wat menslike gedrag akkurater kan verstaan, voorspel en bepaal. Masjienleer blink uit in die opsporing van genuanseerde datapatrone wat menslike ontleders gewoonlik miskyk en wat die ontwikkeling van meer verfynde modelle kan ondersteun. Nietemin bly domeinkennis onontbeerlik wanneer ’n mens met data uit die werklike wêreld werk. Hierdie data word gekenmerk deur kwessies soos nie-ewekansige steekproefneming, statistiese verwantskappe wat nié op oorsaaklikheid dui nie, en metingsfoute. Indien hierdie kwessies oor die hoof gesien word, kan dit tot sydige beramings, misleidende narratiewe en swak besluitneming lei. Prof Rulof Burger gebruik in hierdie intreerede voorbeelde uit sy eie navorsing om te verduidelik hoe hierdie tipe sydigheid ontstaan, en hoe die gereedskap en teorieë op die terrein van die ekonomie betroubare antwoorde op belangrike vrae kan bied.

Kyk die intreerede hier

Kort biografie

Rulof Burger is ’n professor in Ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch (US), waar hy klas gee in Mikro-ekonomie, Ekonometrie en Gedragsekonomie. Sy navorsing integreer data en ekonomiese teorie om menslike gedrag te verken, dikwels op die gebied van arbeid, onderwys en gesondheid. Nadat hy ’n magistergraad aan die US voltooi, sluit hy hom in 2002 by die Universiteit se akademiese personeel aan. Hy verwerf in 2004 ’n verdere magistergraad aan die Universiteit van Cambridge, en voltooi sy doktoraat aan die Universiteit van Oxford in 2012. Hy is tans deel van ReSEP, die US se navorsingsgroep oor sosio-ekonomiese beleid, en is een van twee Suid-Afrikaanse professore wat by die Abdul Latif Jameel Poverty Action Lab (JPAL) geaffilieer is. Daarbenewens is Burger ’n medestigter van Predictive Insights, ’n datawetenskapmaatskappy wat gedragsmodellering vir verskeie Suid-Afrikaanse en internasionale entiteite onderneem.

RSVP HIER

Besonderhede

Datum:
7 Mei 2024
Tyd:
17:3018:30

Organiseerder vir intreerede

Amira Brown
Epos:
browna@sun.ac.za

Lokaal

Room 1046, Van der Sterr Building, Bosman Street, Stellenbosch
12 Bosman Street
Stellenbosch, Western Cape 7600 South Africa
+ Google Map
Website:
Fakulteit Ekonomie en Bestuurswetenskappe
Afrikaans