Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Watter webblaaier?

Lank gelede toe die internet nog sy eerste treë gegee het was die enigste opsies vir webblaaiers Internet Explorer en Netscape. Gelukkig is daardie dae iets van die verlede. Vandag kan jy `n webblaaier kies wat aan jou behoeftes voldoen – wat dit ookal mag wees. Ons het gaan notas maak sodat jy meer tyd op die internet kan spandeer.

Deesdae se webblaaiers is amper almal ewe goed. Die leiers, Google Chrome, Firefox en Internet Explorer, is al drie vinnig, propvol handige funksies en hou tred met nuwe ontwikkelinge. Op die ou end hang dit af wat jy as internetgebruiker verkies.

Die belangrikste vereiste vir die meeste gebruikers is spoed. En hier is Google Chrome `n sterk mededinger. “Chrome Instant” beteken jy sien die bladsye nog voordat jy dit klaar die adres en titel ingetik het. `n Program wat letterlik vooruit dink. Chrome is ook die enigste webblaaier wat `n ingeboude Flash-speler en PDF-leser het. Chrome hanteer en ondersteun ook HTML5 die beste van al die blaaiers en met sy minimalistiese ontwerp en nuwe hardeware versnelling word dit toenemend die populêre keuse.

Google Chrome is egter nie die enigste vinnige blaaier nie. Met weergawe 9 het Microsoft Internet Explorer `n hupstoot gegee. IE9 se Javascript is vergelykbaar met Chrome en een van IE9 se groot voordele is sy inskakeling by Windows 7. Jy kan ook webwerwe permanent “vassteek” op jou taakbalk – handig as boekmerke nie goed genoeg vir jou werk nie. Onthou net dat die minimum vereistes vir IE9 Windows 7 of Vista is.

Wil jy al jou boekmerke, opstellings en internetgeskiedenis soomloos sinkroniseer? Firefox is die wenner in dié afdeling en kan selfs sinkroniseer met sy eie mobiele Android weergawe. Firefox het ook die mees innoverende manier om baie oortjies (“tabs”) te organiseer met sy “panorama” groeperingsfunksie. Firefox se aanvangspoed, hoeveelheid geheue wat gebruik word en sekuriteit het sedert die vroeëre weergawes verbeter en kan sy man staan teen die ander webblaaiers.

As jy self na die statistieke wil gaan kyk en sien hoe elke webblaaier presteer in verskillende areas, gaan lees gerus hier verder.

BRON: www.lifehacker.com

Tags: , , , ,

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.