Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

OOR IT

Die IT Afdeling bestaan uit sowat 130 personeellede, insluitendet ondersteuningstegnici, stelseladministrateurs, ingenieurs, programmeerders en besigheidsanaliste. Die afdeling beplan, voorsien en onderhou die kuberinfrastruktuur (soos bv. netwerke, sentrale bedieners, identiteitsbestuur, e-pos, telekommunikasiestelsels, ens.) en verskeie rekenaartoepassings, inligtingstelsels en dienste wat noodsaaklik is vir die Universiteit se kern-akademiese en administratiewe funksies, sowel as om ondersteuning aan gebruikers in die effektiewe gebruik van informasie- en kommunikasietegnologie (IKT) te bied.  Uniek onder Suid-Afrikaanse universiteite, beskik die universiteit oor ‘n beduidende, interne programmatuur-ontwikkelingskapasiteit.

Die IT-afdeling het dit tradisioneel op gebruikersondersteuning, die verskaffing van kuberinfrastruktuur en administratiewestelsels vir finansies, menslike hulpbronne, studente en kurrikulum – met ‘n spesifieke klem op tegnologie – toegespits.  Die IT-afdeling is egter daartoe verbind om die Universiteit se groeiende inligtingsbehoeftes te bevredig deur toenemend op die volgende doelwitte te fokus:

  • Om ‘n strategiese vennoot vir funksionele entiteite, veral akademiese fakulteite en departemente, binne die instelling te wees;
  • Om inligtingstelsels en -dienste rondom die kern-akademiese funksies van onderrig en leer, navorsing en gemeenskapsinteraksie te verskaf;
  • Om akademiese en institusionele prosesse te verstaan en te ontleed sodat toepaslike inligtingsoplossings gevind kan word;
  • Om die IT-aanbod met die Universiteit se strategiese doelstellings te belyn.

Die afdeling is terselfdertyd bewus van en besig om die vinnig-veranderende kuberterrein dop te hou, waar alomteenwoordige, altyd-beskikbare, hoëspoed inligtingsnetwerke, mobiliteit, sosiale media en die koms van “cloud computing” aan almal nuwe uitdagings en transformerende geleenthede bied.

Die IT-afdeling is daarvan bewus dat dit meer proaktief teenoor die Universiteit se behoeftes moet optree, maar besef ook dat IKT se kernbelangrike rol in kennisproduksie en -oordrag daarvan afhanklik is van dienste wat betroubaar, veerkragtig, sekuur en deursigtig moet wees.

 

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.