Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

WiGig – nuwe generasie WiFi?

Net toe ons gewoond geraak het aan WiFi en vrede gemaak het met sy nukke en grille, verskyn daar `n nuwe speler op die veld. Een waarvan ons tot nou toe nie veel van geweet het nie. Kom ons kyk wat is WiGig en vergelyk sy sterk- en swakpunte. 

WiGig is bloot nog `n draadlose (wireless) standaard soos WiFi, daar is tog `n paar duidelike verskille. 

WiGig se reikwydte is aansienlik korter as WiFi, strek nie maklik verder as 10 meter nie en sukkel om deur mure `n sein te stuur. So, hoekom sal `n mens dit wil gebruik? 

Image credit: WiGig Alliance

WiGig is vinnig, vinniger as die Wifi waaraan ons gewoond is. Dit werk op ‘n veel hoër frekwensie (60GHz ) as die tradisionele bandwydtes en mobiele seine soos 3G kan blykbaar tot 7 Gbps lewer. Sodra jou toestelle egter verder weg is, verminder die spoed bitter vining.

Kenners beveel dus aan dat WiGig gebruik moet word vir tuisvermaak-toestelle, tablette en tuisrekenaars en dat jy dit gebruik as aanvulling tot jou reeds bestaande WiFi-konneksie. 

As die besparing van energie vir jou belangrik is, kan jy WiGig met `n skoon gewete oorweeg aangesien dit ontwerp is as `n lae energie alternatief en aanspraak daarop maak dat dit vyf keer minder energie verbruik as WiFi. Radioseine word geoptimiseer om die beste resultate te gee, oorlading te verminder en die sein direk te stuur waarheen dit moet gaan.

WiGig het ontstaan by die Wireless Gigabit Alliance wat lede soos Broadcom, Cisco, Intel, Microsoft, Dell, Nokia, Toshiba, Qualcomm, NEC, Panasonic en ander groot maatskappye insluit. Op die oomblik gaan dié standaard eers deur verskeie sertifiseringsprogramme, maar volgens beraming sal dit teen einde 2013 afgehandel wees. 

[BRONNE: www.techradar.com & www.computerweekly.com]

Tags: , ,

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.