Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Kredietkaartbedrog neem toe

Dis Vrydagmiddag en jy sien uit na `n rustige aand van fliek en wegneemetes. Jy stop gou by die naaste pizzaplek. In die haas om jou grommende maag stil te kry en by jou fliek uit te kom, vergeet jy om geld te trek. Die naaste OTM is 5 km weg, maar gelukkig het jy `n kredietkaart.

Jy betaal moeiteloos en die transaksie is veilig. Jy sien die kredietkaartmasjien waar die winkelassistent jou kaart insit en jy tik diskreet jou PIN -nommer in. Kaartkloning kom tog net voor wanneer `n kredietkaart onder jou oë uitglip, sê hulle.

Maar het jy opgelet dat die masjien jou kaart `n klein bietjie dieper ingesluk het as voorheen? Normaalweg kan jy jou duim op die kaart hou terwyl jy die transaksie voltooi, maar dié keer het dit feitlik heeltemal verdwyn.

Toevallig? Eintlik nie. Jou kaart was sopas in `n “skimming” toestel. 

Verlede jaar het kredietkaartbedrog R450 miljoen in Suid-Afrika beloop, 23% meer as in 2013. Die toename was veral skerp by wegneemwinkels. Selfs handtoestelle in restaurante kan mee gepeuter word. Tussen 2005 en 2014 is daar beslag gelê op 1377 blootgestelde handtoestelle.

Die kloning van kaarte is een metode van kredietkaartbedrog. Wanneer jy jou kredietkaart op die internet gebruik, of dit vir aankope of banksake is, daar is ook `n risiko by betrokke.  

Volgens Kaspersky Lab, een van die leiers in internetsekuriteit, word daar daagliks 5000 webwerwe geaffekteer. Malware en phishing deur middel van e-posse is ook steeds van die grootste sondebokke.

Hoe keer jy dat jy ook in die slaggat trap?

  • Moenie dat jou kaart onder jou oë uit gaan nie. 
  • Sit jou kaart self in die masjien sodat jy kan voel of dit maklik ingly. Wanneer jy jou kaart (met `n skyfie) insit, behoort jy steeds gemaklik jou duim op jou kaart te kan hou. 
  • Moet nooit bank-inligting per e-pos verskaf of aanstuur nie.  
  • Moet ook nooit op `n skakel kliek waar hierdie inligting van jou gevra word nie – selfs al lyk dit asof dit vanaf jou bank kom.
  • Sorg dat jou anti-virus sagteware op datum is en gereeld opdateer word.
  • Installeer sagteware wat gemorspos blokkeer. Dit sal help om phishing e-posse minder te maak.
  • Wanneer jy aanlyn aankope maak met jou kredietkaart, gebruik slegs veilige, bekende webwerwe. Kyk selfs dan dat die adres begin met “https”, anders is dit nie sekuur nie.
  • Moenie publieke wi-fi gebruik vir persoonlike transaksies of aankope nie. (meer daaroor hier

[BRON: www.mybroadband.co.za]

 

 

 

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.