Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Hulp vir databestuurplanne

matrixBefondsers van navorsing vereis toenemend dat databestuurplanne ingesluit word in aansoeke om befondsing of subsidies. ‘n Databestuurplan (DBP) is ‘n formele dokument wat omskryf hoe ‘n navorser sy/haar data sal bestuur tydens en na afloop van ‘n navorsingsprojek.

Alhoewel vereistes mag wissel van befondser tot befondser, bestaan ‘n databestuurplan gewoonlik uit ‘n beskrywing van die data wat ingesamel of gegenereer gaan word; die metodologieë of standaarde rakende data insameling en bestuur; data sekuriteit, vertroulikheid, oorweginge rakende etiek en intellektuele eiendomsreg, asook planne en strategieë vir toegang tot en deel van die data en die langtermyn-bewaring daarvan.

Verskeie hulpmiddele, o.a. die DMPTool van die University of California Curation Center en die DMPonline van die Digital Curation Centre, is ontwikkel en aanlyn beskikbaar gestel om navorsers te help om databestuursplanne te ontwikkel.

Hierdie web-gebaseerde hulpmiddele gee toegang tot verskeie DBP template; riglyne van spesifieke befondsers wat databestuursplanne vereis; en die funksionaliteit om planne in verskeie formate te genereer. Persone van enige instelling kan gratis registreer om hierdie hulpmiddele te gebruik.

[BRONNE: https://github.com/CDLUC3/dmptool/wiki/FAQ#q-what-is-a-data-management-plan-dmp; (https://www.ukdataservice.ac.uk/manage-data/plan/dmp-esrc; and http://www.slideshare.net/sjDCC/supportingdmps]

[Article by Rabelani Mutondwa]

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.