Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

IT NOODONDERHOUD: NUUTSTE NUUS

Noodsaaklike noodonderhoud is Saterdag vanaf 07:00 tot 12:00 uitgevoer om ’n foutiewe geheue-module te vervang.

Gedurende die proses is addisionele probleme met die hardeware op die spesifieke bediener teëgekom. Weens die hardewarefout is talle stelsels steeds nie beskikbaar nie. Ons probeer tans, in samewerking met ons hardewareverskaffer, vasstel watter module die fout veroorsaak en sal die vervanging doen sodra dit uitgeklaar is.

Ons besef dat die onbeskikbaarheid van stelsels ongerief verskaf en vra verskoning hiervoor. Wees gerus dat ons alles binne ons vermoë doen om te sorg dat dienste weer na normaal sal terugkeer so gou as moontlik. Vir navrae kontak asb. die IT Dienstoonbank by 021 808 4367 of meld ʼn versoek aan op die ICT Partner Portal.

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.