Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Gemeenskapsinteraksie

Bits & Bytes amptelik op die lug

Vrydag, September 20th, 2013

`n Maand gelede het ons julle met trots ingelig dat daar voortaan `n spesiale IT-segment elke tweede Dinsdag op MFM uitgesaai sal word. (Lees die berig hier.)

Die radio-weergawe van Bits & Bytes het die afgelope week sy tweede suksesvolle uitsending gehad en die terugvoer het ons verwagtinge oortref. Met elke insetsel probeer ons om `n kombinasie van relevante nuus vir studente en personeel, sowel as interessante verwikkelinge op die tegnologiese front op `n informele trant aan luisteraars oor te dra.

Dié week se onderwerpe het e-pos storms, `n nuwe “slim”-horlosie wat eendag selfone se rol mag oorneem, ons nuutste opname en nuus oor die splinternuwe IT-Studentesentrum wat in Januarie bekendgestel word, in. 

Ons besef egter dat almal nie toegang het om daarna te luister nie en het dus die fasiliteit geskep waar jy, nadat dit uitgesaai is, steeds aanlyn na die uitsendings kan luister. Al wat jy hoef te doen is om na www.sun.ac.za/bb te gaan waar daar `n lys van alle vorige nuusbriewe is, maar ook alle vorige radio-uitsendings. Kliek bloot op die mp3-skakel.

Die insetsels word binne die us-netwerk gehuisves, dus gaan dit nie jou internetkoste opvreet nie – jy kan met `n geruste hart luister.

As jy wel die regstreekse uitsending wil hoor, skakel gerus elke tweede Dinsdag om 11:45 op die AM to PM Show op MFM saam met Ella, Eduard en ons eie Tian in.

Jy is ook welkom om kommentaar en vrae in daardie tydsgleuf via Twitter aan ons te stuur en indien daar geleentheid is, sal Tian dit op die lug beantwoord. Tweet ons by @ITStellenUni!

IT op die lug

Vrydag, Augustus 30th, 2013

Die dae wat die Informasietegnologie-afdeling die onbereikbare entiteit aan die ander kant van Banghoekweg is, is lank reeds verby. Sedert 2010 het ons `n aktiewe poging begin aanwend om kommunikasie en interaksie met die res van kampus en almal aan wie ons `n diens lewer, te verbeter.

Begin September skud ons die winter se stof van ons voete en betree `n nuwe era van kommunikasie. Voortaan sal IT jou nie net bereik met e-pos nie, maar ook oor MFM se radiogolwe.

Met `n gehoor van 30 000 luisteraars tussen die ouderdom van 14-28 ouderdomsgroep, is daar geen twyfel dat IT `n jonger mark, en spesifiek studente sal bereik nie. Dié nuwe kommunikasiekanaal gee aan ons die geleentheid om `n groter deel van ons gebruikers op kampus te bereik en meer betrokke te raak by studentekwessies.

Daar sal dus voortaan twee-weekliks `n spesiale IT-insetsel op MFM wees op Dinsdae, 11:45 gedurende die AM-PM-show. Aangesien Bits & Bytes reeds `n gevestigde handelsmerk begin word, sal die insetsel ook bekendstaan as Bits & Bytes.
 
Bits & Bytes op die lug sal nie bloot nog `n institusionele mondstuk wees nie, maar eerder `n geleentheid om interessante tegnologiese verwikkelinge te bespreek. Daar sal ook geleentheid aan studente en personeel gegee word om d.m.v. ons Twitter-voer vrae te vra wat ons op die lug sal beantwoord. 
 
Ons sien uit daarna  om komende Dinsdag ons toetrede tot radio te maak en hoop jy skakel Dinsdag om 11:45 by ons in. Kliek hier om na MFM te luister.
 

 

 

 

Sê jou sê oor IT se dienste

Vrydag, Augustus 30th, 2013

In `n poging om Informasietegnologie se dienste te verbeter, wil ons ook graag by julle, ons gebruikers, kliënte en kollegas raad vra.

As jy `n geleentheid in jou bedrywige dag het, sal ons dit waardeer as jy deur middel van die onderstaande opname vir ons kan laat weet of jy tevrede is met IT se diens en ook by watter dienste jy baat vind en watter nie.

Hier is jou kans om jou mening te lug en gehoor te word! Kliek slegs op die toepaslike skakel onder.

Personeelopname
Studenteopname

 

Slyp jou taalkundige tande by `n Oopbron-vertalingsdag

Vrydag, Augustus 2nd, 2013

Is jy lus om jou taalkundige tande te slyp, jou breinspiere te rek en een dag  van jou tyd te gee aan ‘n opvoedingsprojek met ‘n verskil? Sluit by ons op Saterdag 17 Augustus in die Ingenieursfakulteit aan, en help deur ‘n hoofstuk van ‘n oopbron skoolhandboek na Afrikaans te vertaal. 

Siyavula is ‘n sosiale onderneming en uitvloeisel van die Shuttleworth Foundation en glo in mededeelsaamheid, gemeenskap, samewerking en toeganklikheid. Deur tegnologie in te span streef hulle daarna om die hoogste kwaliteit gratis opvoedkundige hulpbronne te skep. 

Al Siyavula se handboeke is ‘n spanpoging deur ‘n gemeenskap van vrywilligers,  waaronder opvoeders, akademici en professionele mense. Hierdie geïnspireerde vrywilligers se doel is om kennis vrylik beskikbaar te stel aan alle leerders en opvoeders in Suid-Afrika.

Dit word vrygestel met ‘n oop kopiereglisensie, wat beteken dat ander dit wettiglik kan versprei, meng, verander en voortbou daarop, selfs kommersieël, mits hulle Siyavula krediet gee vir die oorspronklike werk. Die beginsel is soortgelyk aan oopbron-sagteware deurdat enigiemand aangemoedig word om die boeke wettiglik af te laai, te kopieer, te deel en te versprei – heeltemal gratis!

Opvoeders het ook die vryheid om dit te redigeer, verander, vertaal en kontekstualiseer. Die handboeke het hul eie webwerwe – kyk by http://everythingmaths.co.za/ en http://everythingscience.co.za/. Dis ook beskikbaar op selfone, MXit en aflaaibare PDFs, asook in gedrukte vorm.

Hangende goedkeuring sal al die handboeke gedruk word deur die Departement van Basiese Onderwys en na alle openbare skole versprei word in 2014. Die onderwysdepartement het verlede jaar en ook vroeër vanjaar van Siyavula se handboeke gedruk en na alle openbare skole versprei – voorwaar ‘n opwindende gebeurtenis vir opvoeding in Suid-Afrika.

Die hoofstukke word aanlyn vertaal dmv ‘n webwerf, Transifex en in hanteerbare dele opgedeel sodat ‘n enkele persoon nie alleen verantwoordelik is vir die vertaling van ‘n reuse deel nie. Wanneer ‘n vrywilliger klaar is met sy opdrag, is hy welkom om ‘n bykomende opdrag te begin. Die hele proses sal tydens die geleentheid deur Siyavula bestuur word.

Die vakke wat vertaal gaan word is:
– Gr 12 Fisika
– Gr 12 Chemie
– Gr 12 Wiskunde (beperkte hoeveelheid)

Datum: Saterdag 17 Augustus 2013

Tyd: Stiptelik 08h30. Die dag loop tot `n einde om 17h00, gevolg deur aandete vir almal wat bywoon.

Plek: FIRGA laboratorium (kamer S203), Ingenieursfakulteit. Vir `n kaart kliek hier. Stap deur die groot glas deure tussen Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese en Siviele Ingenieurswese, een vlak op en kyk uit vir die aanwysings wees wat jou lei na die lokaal. 

Sien jy kans? Registreer by http://siyavulatranslationday.eventbrite.com/ en onthou alle vrywilligers se name sal tot die lys van medewerkers voor in die boek gevoeg word!

Enige vrae moet assseblief gestuur word aan bridget@siyavula.com. 

[INLIGTING VERSKAF DEUR SIYAVULA]

 
 

 

Sit `n bietjie handjie by toe?

Vrydag, Augustus 2nd, 2013

Wie onthou nog die tv-advertensie waar die sentrale karakter `n wondervrou was wat alles kon doen, onder andere wonderlike toebroodjies kon maak met die geadverteerde margarien.  “Jy’s `n ster Linda Fourie!”

My punt? (ja, daar is een) Wel, ons kan die week ook vir die IT diensentrum en IT adminpersoneel sê “Jy’s `n ster!”, want verlede Woensdag het hulle hul middagete opgeoffer om, soos die befaamde Linda Fourie, toebroodjies te maak ten bate van liefdadigheid. 

Quinton, Cheslon, Jurgen, Pablo, Marianna, Charnelle en Mandy het ingespring en hand bygesit by Golden Key se Toasties for Tummies, `n jaarlikse inisiatief waar Golden Key vrywilligers help  om toebroodjies te maak vir minderbevoorregtes.

Lees meer oor Toasties for Tummies en Golden Key op hul webwerf.

2013-07-24_12-24-56_11 2013-07-24_12-25-34_503 2013-07-24_12-25-46_760
Mandy Wanza Mariana Fourie & 
Cheslon Faroa
Quinton Luiters

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Fotos: Jurgen Moolman

 

 

 

 

 

 

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.