Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

gartner

Gartner IT-navorsing en adviesdiens – gratis vir alle personeel en studente 

Maandag, Maart 25th, 2019

Universiteit Stellenbosch is reeds vir meer as twee dekades, via die IT-afdeling, ingeskryf vir Gartner se IT-navorsing en adviesdiens . Sedert 2004 is Gartner se navorsingsinligting ook beskikbaar vir alle personeel en studente deur aan te teken met jou US-details (e-pos en wagwoord) by www.sun.ac.za/gartner

Hierdie diens is van onskatbare waarde vir die IT-afdeling en ander institusionele IKT-vennote. Core IT Research Reference for Higher Education is ʼn diens wat Gartner aan die US bied om aan die behoeftes van studente, fakulteite, personeel en tegnologie vakkundiges te voldoen. Dit verskaf ongeëwenaarde toegang tot werklike, praktiese navorsing en advies oor IT-tendense, markte, verskaffers, stelsels en tegnologieë, beste praktyke, leierskap, tenderprosesse, die kartering van tegnologie t.o.v. universiteitsmodelle, ens. Hierdie navorsing word uitgevoer deur meer as 15000 van Gartner se wêreldwye personeel wat onvergelykbare toegang het tot IT-verskaffers, leiers en besigheidskliënte. Gartner beskik ook oor ʼn span kundige analiste met akademiese en professionele ondervinding binne Hoër Onderwys en wat fokus op die toepassing van IKT op, en die digitalisering, van Hoër Onderwys.

Oor die jare het dosente en studente van die Bestuurskool en Departement Inligtingswetenskap hierdie diens in ‘n meerdere of mindere mate gebruik, maar ons wil graag meer akademici uitnooi om, met die fokus op die digitalisering van die universiteit en sy groeiende afhanklikheid van inligtingstelsels- en programmatuuroplossings, die diens te gebruik. 

Gartner is nie net vir techies nie, dit bedien leiers en professionele beroepsmense oor alle velde heen. Dis ʼn wonderlike manier om meer “IT-geletterd” te word en help om ʼn gemene taal tussen leke en professionele IT-persone te vestig met behulp van ʼn streng woordelys en klassifikasie.

Voel dus vry om enige tyd toegang tot die diens te kry (geen kostes is betrokke nie) deur: 

OF 

[ARTIKEL DEUR RALPH PINA]

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.