Ek verkies om in Afrikaans te skryf omdat ek tydens die somerskool besef het hoe trots ek is op die feit dat ek ook ’n ander taal, en nie net Engels magtig is nie. My ervaring van die somerskool, was ’n lewensveranderende reis. Elke ervaring dra by tot jou menswees. Vergelyk dit maar met St. Augustine se siening; “Die wêreld is soos ʼn boek en die wat nie reis nie, kies om slegs een bladsy te lees”. Die somerskool het een bladsy voltooi van my wêreldboek. Ek wil jou graag so goed as moontlik voorberei en opgewonde maak indien jy ook ʼn soortgelyke reis beplan. (more…)
Author: Sarah
-

Susan en Kristin in Helsinki
Wees Voorbereid:
Hierdie Somerskool verhaal, het beslis nie seepglad begin nie. Nee, dit het aanvanklik gevoel soos ‘n onheilspellende Bear Grylls ekspedisie. In retrospek, was dit soos ‘n goeie episode Friends, maar besluit jy self as jy die rowwe manuskrip lees.
Dit het alles begin met Mia du Plessis. Sy het in 2012 die Helsinki Somerskool bygewoon en alhoewel sy met die terugkoms nie baie daaroor uitgebrei het nie, kon mens sien sy was ‘n ryker mens. Susan en Kristin het mekaar toe nog nie geken nie, maar Mia het hulle geken. Die saadjies was geplant.
Helaas, toe die somerskool aansoeke open, was daar geen twyfel. Die opgewondenheid het hoog geloop. Dan is die aansoekprosedure betrag. Vorms, motiveringsbrief en ‘n VIDEO. Al die moeite! Jy los dit vir ‘n paar weke, en dan besef jy die tyd loop uit. Jy moet nog ‘n motiveringsbrief tik en’n video maak. Hoe doen mens dit? Dis so “awkward”.
Die aansoek is uiteindelik in en nou is dit die lang wag vir ‘n antwoord.
-

Karin in Berlin
Pre – departure:
I had already accepted that I was not elected when I got a cryptic email in the first week of my holiday. I had been nominated for one of the places in the Berlin Winter school programme. I had visited Germany before as an exchange student, but I have always dreamt of going to the capital. I have been told that it is nothing like the other German cities; it was a city bursting with culture and new possibilities. As I am interested in History and Politics, the yesteryears this city promised to reveal excited me. I chose a course in European City and Regional Development Planning. At home I study Political, Philosophical and Economic Sciences and thought this course would complement these subjects well whilst taking a new, anthropological approach.
