Op 22 September 2026, net voor die aanbreek van die skoolvakansie, het 30 Graad 6 en 7-leerders van Arieskraal Primêre Skool buite Grabouw, die Helderberg Natuurreservaat op ’n besonderse manier verken – met ’n ekologiese skattejag.

Elke leerder het ’n lys van natuurlike ‘skatte’ – verskillende verskynsels en items in die natuur – wat die leerder mos identifiseer of versamel. So byvoorbeeld het die leerder onder meer geleer van die vreemde, draadagtige dodderplant en hoe hierdie parasitiese plant ander plante verstrengel. Hulle het ook deur die optel van mis bewyse van bokkies in die reservaat gevind, groot swart hommelbye waargeneem en die pers-pienk Watsonia-blomme en sade van die Keurtjieboom identifiseer.
Die leerders moes vervolgens hul identifikasies en versamelde items klassifiseer volgens die verskillende trofiese vlakke in ’n ekosisteem, en kon sodoende verstaan hoe organismes van mekaar afhanklik is.
’n Spesiale fokus van die dag was op een van die kleinste, maar belangrikste inwoners van die natuurreservaat: miere.
Die leerders het ondersoek ingestel na waar miere in voedselkettings pas en hoe daar verskillende soorte ‘eters’ funksioneer. In ’n praktiese eksperiment het hulle ondersoek watter voedselsoorte deur verskillende mierspesies verkies word en dit vergelyk met die tipe ‘eter’ waartoe die miere behoort.
Mikroskope is gebruik om die miere van nader te bekyk en die miere te identifiseer. Die dag is op ’n kreatiewe noot afgesluit toe die leerders wetenskaplike sketse van die geïdentifiseerde miere geskets het.