Wie onthou nog die tv-advertensie waar die sentrale karakter `n wondervrou was wat alles kon doen, onder andere wonderlike toebroodjies kon maak met die geadverteerde margarien. “Jy’s `n ster Linda Fourie!”
My punt? (ja, daar is een) Wel, ons kan die week ook vir die IT diensentrum en IT adminpersoneel sê “Jy’s `n ster!”, want verlede Woensdag het hulle hul middagete opgeoffer om, soos die befaamde Linda Fourie, toebroodjies te maak ten bate van liefdadigheid.
Quinton, Cheslon, Jurgen, Pablo, Marianna, Charnelle en Mandy het ingespring en hand bygesit by Golden Key se Toasties for Tummies, `n jaarlikse inisiatief waar Golden Key vrywilligers help om toebroodjies te maak vir minderbevoorregtes.
Lees meer oor Toasties for Tummies en Golden Key op hul webwerf.
Mandy Wanza | Mariana Fourie & Cheslon Faroa |
Quinton Luiters |
Fotos: Jurgen Moolman
En dit met ‘n glimlag… mooi julle!