Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) is hier

Die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (4 van 2013) (POPIA) het op 1 Julie 2021 ten volle in werking getree. `n Kort opsomming van die POPIA-wet is beskikbaar hier.

Ter ondersteuning van die Universiteit van Stellenbosch se voorbereiding om gereed te wees vir POPIA, het die Afdeling Inligtingsoorsigbestuur ʼn reeks gidse en gereedskap gepubliseer op www.sun.ac.za/privaatheid.  Dit sluit in die institusionele privaatheidsregulasies, ʼn aanlyn privaatheidsimpak assessering asook kanale om insidente en oortredings in die gebruik van persoonlike inligting aan te meld. 

Vir meer inligting volg asb. die skakel na www.sun.ac.za/privacy.  Sessies oor bewusmaking, gefasiliteerde impakstudies op privaatheid en interne advies- en konsultasiedienste is ook beskikbaar op versoek. Vir meer inligting, kontak privacy@sun.ac.za

Lees ook: POPIA: Hoe waardevol is jou inligting?

Everlytic, die digitale boodskap-platform, het ook `n verskeidenheid nuttige artikels op sy webwerf, sowel as `n handige POPIA Powerpoint-gids

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.