IT se e-afval program is stilweg steeds op die agtergrond besig om die regte ding te probeer doen.
Vanaf Julie 2012 tot April 2013 het Cape e-Waste Recyclers, ons e-afval kontrakteurs die volgende items van ons kampus verwyder vir verantwoordelike wegdoening en herwinning:
- 325 rekenaars
- 162 drukkers en skandeerders
- 269 Monitors
- 3 houers van algemene e-afval
Onthou, as jy enige e-afval by jou kantoor of huis het en nie weet wat om daarmee te maak nie, kontak ons gerus en ons kan jou help om op `n omgewingsvriendelike manier daarvan ontslae te raak!
Die prosedures om IT-bates uit diens te haal en in die e-afval stroom te plaas is op die IT Help wiki beskikbaar: e-Afval Prosedures.
Is al hierdie e-waste gebreukte toestelle?