As jy vir oulaas die jaar nog kanssien vir `n kursus en wil leer hoe SharePoint werk, is die perfekte geleentheid om die draai.
Op 31 Oktober en 2 November word `n SharePoint level 1 tweedag kursus aangebied vir alle Sharepoint webwerf-eienaars, asook diegene wat binnekort die SharePoint-platform wil aandurf.
Gedurende die twee dae sal jy leer om inhoud te skep, redigeer en gebruik op `n groep-webwerf . Jy sal ook deur middel van SharePoint Foundation 2010, die basiese bestuurstruktuur van `n groepwebwerf skep en dit implementeer.
Hierdie kursus is ontwerp vir individue wat toegang tot inligting op `n Microsoft SharePoint groep-webwerf benodig of vir individue wat `n groep-webwerf moet skep en bestuur.
KURSUSINHOUD
Inleiding tot Microsoft SharePoint Foundation 2010
Gebruik van lyste
Gebruik van libraries
Kommunikasie met spanlede
Werk van elders met jou SharePoint-inhoud
Aanpassing van jou SharePoint-omgewing
Skep `n groep-webwerf
Basiese webwerf-administrasie
Bou `n handelsmerk vir jou Site Collection
Bestuur lyste
Bestuur libraries
Bestuur form libraries
Bestuur werksvloei
Gebruik indekse en soektogte
Werk aflyn met SharePoint Workspace 2010
Bestuur SharePoint-toepassings met sentrale administrasie
Bestuur gebruikerstoegang
Bestuur webwerf sekuriteit
Bestuur webwerf-gebruik
Bestuur webwerf-onderhoud
As jy nog die ene duime is as dit kom by tik, kan jy ook op 8 November by die CTU-kampus op Stellenbosch jou tikvaardighede kom slyp met `n tikkursus.
Om in te skryf volg die volgende prosedure. Geen inskrywings kan ongelukkig deur die IT Dienstoonbank namens personeel gedoen word nie.
Tags: Sharepoint, opleiding