Aall-Stigting skenkings vir behoeftige swart US-regstudente bereik $100 000 mylpaal

Die Aall-Stigting, ‘n internasionale liefdadigheidsorganisasie, het onlangs bekend gemaak dat dit $25 000 gaan skenk vir beurse aan behoeftige swart US-regstudente in 2012. Die Stigting het die afgelope twee jaar reeds $75 000 vir hierdie doel beskikbaar gestel.

Die skenkings is gemaak aan die Amicus-fonds, wat sedert 1993 beurse van meer as R1 miljoen aan behoeftige regstudente toegeken het, en wat die beursgeld sal administreer.

Op die foto verskyn Mnr Steven Georgala (middel), wat die Aall Stigting verteenwoordig, Prof Jacques du Plessis, tesourier van die Amicus-fonds, asook Prof Gerhard Lubbe, Dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid en beskermheer van die Amicus-fonds.

Sorry, comments are closed for this post.