DIE NUWE MAATSKAPPYWET NA TWEE JAAR KORTKURSUS – 19 JULIE 2013

Derde jaarlikse kortkursus aangebied deur die Stellenbosse Regsfakulteit.

Hierdie daglange seminaar is gemik op regspraktisyns, ouditeure, rekeningkundiges en sakemense met ‘n behoefte aan ‘n ontleding van die ervaring met aspekte van die nuwe Maatskappywet sedert die inwerkingtrede daarvan op 1 Mei 2011. Dit word in Afrikaans aangebied, maar op 13 September sal dit in Engels herhaal word.

Datum:     Vrydag 19 Julie 2013 van 08:30 tot 16:00

Plek:         Ou Hoofgebou, Ryneveldstraat, Stellenbosch [Parkering agter die Stellenbosse Stadsaal]

Kostes:      R2000-00 per persoon (sluit middagete en kursusmateriaal in)

Programoorsig:

  • ‘n paneelbespreking oor aktuele aspekte van die Wet (soos aktes van oprigting, finansiële state, en die begrip “finansiële nood”) met dr Johan Erasmus (Deloittes Kaapstad), Pierre le Roux (Werksmans Stellenbosch), en Prof Philip Sutherland (US);
  • Fran du Plessis (LDP Ouditeure Stellenbosch) oor korporatiewe bestuur in klein en middelslagondernemings;
  • Prof Andreas van Wyk (US) oor die reëls rakende uitvoerende vergoeding;
  • Johan Latsky (DLA Cliffe Dekker Hofmeyr Johannesburg) oor die praktyk met fundamentele transaksies ná twee jaar;
  • Prof David Butler (US) oor die verskerpte beskerming van minderheidsbelange ingevolge die nuwe wet.

Navrae en registrasie (laastens 12 Julie):

Mev Eileen Ferrier

Tel:            (021) 808 3561

E-pos:        eferrier@sun.ac.za

Faks:          (021) 882 8235

Onderwerpe vir bespreking deur die paneel kan tot 10 Julie aan Elzaan Windvogel gestuur word by elzaanw@sun.ac.za  

Sorry, comments are closed for this post.