Wees Voorbereid:
Hierdie Somerskool verhaal, het beslis nie seepglad begin nie. Nee, dit het aanvanklik gevoel soos ‘n onheilspellende Bear Grylls ekspedisie. In retrospek, was dit soos ‘n goeie episode Friends, maar besluit jy self as jy die rowwe manuskrip lees.
Dit het alles begin met Mia du Plessis. Sy het in 2012 die Helsinki Somerskool bygewoon en alhoewel sy met die terugkoms nie baie daaroor uitgebrei het nie, kon mens sien sy was ‘n ryker mens. Susan en Kristin het mekaar toe nog nie geken nie, maar Mia het hulle geken. Die saadjies was geplant.
Helaas, toe die somerskool aansoeke open, was daar geen twyfel. Die opgewondenheid het hoog geloop. Dan is die aansoekprosedure betrag. Vorms, motiveringsbrief en ‘n VIDEO. Al die moeite! Jy los dit vir ‘n paar weke, en dan besef jy die tyd loop uit. Jy moet nog ‘n motiveringsbrief tik en’n video maak. Hoe doen mens dit? Dis so “awkward”.
Die aansoek is uiteindelik in en nou is dit die lang wag vir ‘n antwoord.
Jy is in- ekstase!
Met die eerste vergadering is almal nog vreemd vir mekaar. Onwetend van die lekker tyd wat voorlê en die vriendskappe wat gevorm gaan word. Kristin en Susan ontmoet vir die eerste keer en is nog salig onbewus van hoe brood-nodig hulle mekaar gaan hê. Kristin het so pas gehoor sy gaan na die Somerskool uitruil na Amerika en Susan wag nog om te hoor of sy gekeur is vir ‘n uitruil na België.
Dan kom die reëlings van vliegtuigkaarjies koop, datums kies en visa-vorms invul. Die beursgeld word uitbetaal en dis kaartjiekoop tyd, maar Kristin en Susan wag nog vir duidelikheid oor hul onderskeie uitruilprogramme. Die tyd loop uit! Daar is soveel om te doen! Alles begin stadig maar seker soos ‘n nagmerrie voel.
Elke keer as Kristin en Susan mekaar sien werk hulle mekaar op en die sagmoedige held Jan-Willem (program koordineerder) lei daaronder. Elke tweede dag kry hy ‘n besoek of e-pos vol versoeke. Tot skok vind hulle uit die Finse ambassade het hul visa-aansoekprosedure verander. Aansoeke moet persoonlik by die Pretoria hoofkantoor ingehandig word. Nog administrasie. Susan is gekeur vir België en benodig nou twee aparte visas. Kristin is op n donkerpad en moet drie visas kry….
Somerskool:
Die tweede week was egter ‘n herhinnering aan die veilbare menslike krag. Almal was uitgeput. As gevolg van FOMO probeer hulle om tussendeur die middagslapies tyd te maak vir Helsinki. Hul besoek markies, maar alles is peperduur, amper so erg soos Switserland, het sommige Europeers gemeen. Kristin is vrek suinig en wil niks koop nie, net brood want dit is die goedkoopste. Susan, wat erg aan soettand-sindroom ly, koop net soetgoed, veral liquorice. Daar moet erkenning gegee word dat die Finne besonderse lekker rogbrood bak, dieselfde kan egter nie gesê word van hul soetgebak nie. ‘n Tikkie patriosme is aangewakker om Suid Afrikaanse wyn op die winkelrakke te sien, gelukkig is dit onbekostigbaar, driekeer die prys! Finse bier was wel billik en heel smaaklik! Susan het ‘n gratis Wildlife and Sauna kaartjie by ‘n weldoener gekry. Kristin koop op die nippertjie ‘n kaartjie teen halfprys. Op die Wildlife toer stap hul deur die Nuuksio woud en eet hande vol bloubessies. Versadig en vergenoegd, gaan kanoe hul op die meer. Ter afsluiting ervaar hul vir die eerste keer ‘n tradisionele Finse Sauna. Werklik magies! Die Sondag is die Contemporary Art Museum, Kiasma besoek. Na drie ure, geinspireerd en emosioneel uitgeput, is daar besluit om hulself by die plaaslike “Restaurant Day” met ‘n heerlike maaltyd te bedref.
Week drie breek aan met weemoed en angs. Daar is nog soveel om te sien, soveel om te doen en so min tyd. Hegte bande is gesmee en hartsvriendinne is gemaak. Die gedagte dat die besonderse ervaring binnekort verby gaan wees is niks kort van ‘n tragedie nie. Kristin moet studeer vir haar vier uur lange eksamen die Donderdag en Susan moet begin navors aan‘n 3000 woord opstel. Helen maak vroeg klaar met haar eksamen en eet net sampioenpasteie. Die week is druk besig, maar tyd word gemaak om die Helsinki Design District te besoek, laaste geselsies en koffies in te werk en Night of the Arts by te woon.
Na afloop:
Week drie breek aan met weemoed en angs. Daar is nog soveel om te sien, soveel om te doen en so min tyd. Hegte bande is gesmee en hartsvriendinne is gemaak. Die gedagte dat die besonderse ervaring binnekort verby gaan wees is niks kort van ‘n tragedie nie. Kristin moet studeer vir haar vier uur lange eksamen die Donderdag en Susan moet begin navors aan‘n 3000 woord opstel. Helen maak vroeg klaar met haar eksamen en eet net sampioenpasteie. Die week is druk besig, maar tyd word gemaak om die Helsinki Design District te besoek, laaste geselsies en koffies in te werk en Night of the Arts by te woon.