AHEC – Caledon proud of top matric performance

Robin was een van die leerders wat in 2014 aan die Universiteit Stellenbosch (US) se HOPE@Maties-program deelgeneem het.

HOPE@Maties is ʼn universiteitsvoorbereidingsprogram wat aangebied word deur die Sentrum vir Pedagogie (SUNSEP) in die Fakulteit Opvoedkunde. Die topmatrikulante van skole in ʼn geografiese omgewing word deur hulle skoolhoofde geïdentifiseer en by ʼn gasskool in die omgewing byeengebring. Hier word hulle op Saterdae of tydens vakansieskole in die kernvakke wiskunde, wetenskap en tale deur die beste onderwysers in die omgewing onderrig.

Dr Trevor van Louw, Direkteur van SUNSEP, het gesê die sukses is behaal te danke aan die samewerking tussen verskeie rolspelers, insluitend die US, WKOD, skoolhoofde, leerders, onderwysers en ouers.

“Hierdie rolspelers vorm ‘n gedugte span wat baie ekstra ure ingesit het en nou die vrugte daarvan pluk. Dit is ‘n span wat ernstig is oor die toekoms van ons kinders.”

Robin, wie se gunsteling-vakke Wiskunde, Wetenskap en Biologie is, sê sy het definitief gebaat by die HOPE@Maties-program.

“Omdat almal die vakke reeds redelik goed verstaan, kon ons teen ’n beter pas werk en gouer by die moeilike vrae uitkom,” het sy gesê.



TOP ↑