Loading Events

« Alle Intreeredes

  • This event has passed.

Prof Mark Smith

Intreerede

November 1, 2022 @ 17:3018:30

Tye is aan die verander

Tyd vorm die wese van hoe, waarom en waar ons werk. Trouens, die tyddimensie van werk help nie net om te bepaal wanneer en hoeveel ons werk nie, maar ook die gehalte van ons werkervarings en die beloning en sekuriteit wat daarmee gepaard gaan. Tyd is ook 'n uiters omstrede terrein wat die wêreld van werk betref – omstrede oor die beperkings wat regulasies op werktyd plaas; omstrede omdat werkers vir hul buigsaamheid ten opsigte van werk vergoed of gepenaliseer kan word; omstrede omdat werkers met onbetaalde verantwoordelikhede 'n balans tussen talle mededingende eise moet vind. Die pandemie en ekonomiese afswaai oor die wêreld heen het lig op hierdie uitdagings en geleenthede gewerp, maar tog is dit debatte wat al jare lank tendense weerspieël in die vervrouliking van die werkmag, die aanpasbaarmaking van werkreëlings, en die regulering van hoe, wanneer en waar ons werk. Hierdie studie, wat gegrond is op navorsing wat oor verskeie dekades en in verskillende kontekste onderneem is, het die veranderende aard van die gehalte en hoeveelheid werktyd verken. Só kan ons sien wat die evolusie van werktyd is en hoeveel van die ‘nuwe’ werktyd-uitdagings uit vroeëre uitdagings en tendense ten opsigte van werk vir vroue en mans spruit.

Kyk die intreerede hier

Kort biografie

Mark Smith is ʼn professor en die direkteur van Stellenbosch Bestuurskool. Voor sy aanstelling hier was hy fakulteitsdekaan en professor van Menslikehulpbronbestuur by die Grenoble Bestuurskool in Frankryk, en voor dit ʼn dosent in Werkverhoudinge by die Manchester Bestuurskool in die Verenigde Koninkryk. Hy behaal ʼn doktorsgraad aan die Universiteit van Manchester se Instituut van Wetenskap en Tegnologie. Sy navorsingsbelangstellings fokus op arbeidsmarkbeleid en -uitkomste vir vroue en mans, insluitend hul werktoestande, werktyd, loopbane, en integrasie van werk en lewe. Hy doen saam met kollegas navorsing vir ʼn aantal supranasionale, Europese en nasionale instellings oor geslagsgelykheid, jongmense en arbeidsmarkbeleid. Hierdie werk sluit in onlangse bydraes tot Europese wetgewing oor maatreëls vir vergoedingsdeursigtigheid. Hy is die outeur of mede-outeur van meer as 50 boeke, boekhoofstukke en vaktydskrifartikels, en hy publiseer ook in die media oor bestuursopvoeding en sy navorsing. Hy het een broer en twee kinders.

Kyk die intreerede hier

Besonderhede

Datum:
November 1, 2022
Tyd:
17:3018:30

Organiseerder vir intreerede

Amira Brown
Epos:
browna@sun.ac.za

Lokaal

Stellenbosch Business School, Bellville Park Campus, Room 212 (Marula)
4 Carl Cronje Drive
Cape Town, South Africa
+ Google Map
Afrikaans