Loading Events

« Alle Intreeredes

  • This event has passed.

Prof Nokwanda P Makunga

Intreerede

Mei 16, 2023 @ 17:3019:00

Om diep te delf in die skatkis van medisinale plante: ’n blik op Suid-Afrikaanse medisinale plante, en nog meer

Nokwanda (Nox) Makunga se navorsing handel oor die gebruik van ’n veelrigtingbenadering wat die terreine van biotegnologie, etnofarmakologie en fitochemie kombineer.

Nadat sy haar in 2005 by die Universiteit Stellenbosch aangesluit het, het sy die terrein medisinale plantbiotegnologie gevestig. Haar navorsingsgroep (Medisinale Plantbiologie) gebruik ultramoderne multi-omika-tegnologieë om te begryp hoe plante geneties en biochemies funksioneer om die gespesialiseerde metaboliete te vervaardig wat aan medisinale plante hulle gesondheidsvoordele verleen. Saam met haar groep probeer Nox ook die omgewingsreaksie van medisinale plante beter tipeer om gehalteversekerde, ekonomies geskikte fitofarmakologiese middels te help skep. Heelwat van haar huidige projekte maak gebruik van in vitro-plantkwekingsmetodes om alles van genetiese tot metaboloomuitwerkings op verskeie plantspesies te bepaal. Die gebruik van hierdie tegnologieë bied ook ’n instrument vir die bewaring van inheemse medisinale plante wat dalk aan oorbenutting deur wilde populasies blootgestel is. As gevolg van haar belangstelling in mens-plant-interaksies, die kulturele belang van medisinale plante en die sosio-ekonomiese ontwikkelingsgeleenthede wat dit bied, het Nox boonop ’n samewerkingsvennootskap met die organisasie Kaapse Bossiedokters gesluit. Hierdie genesers beskik oor diep kennis van die medisinale plante in die wyer Kaapse Planteryk

Kyk die intreerede hier

Kort biografie

Nokwanda (Nox) Makunga het in 2011 die Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum (NWTF) se jaarlikse toekenning vir uitnemende jong swart vrouenavorser en in 2011/12 die TW Kambule Nasionale Navorsingstigting- (NNS-)toekenning ontvang. Sy was ook ’n Fulbright-navorsingsgenoot, waarvoor sy in 2017 en 2018 aan die Universiteit van Minnesota verbonde was. In 2022 was Nox ’n finalis in die NWTF-toekennings vir wetenskapkommunikasie. Sy is ’n stigterslid van Black Botanists Week, ’n beweging vir sosiale voorspraak wat in 2020 gestig is om groter blootstelling te bied aan swart, inheemse en gekleurde persone wie se belangstelling in plante deur hetsy formele of informele opleiding ondersteun word.

Besonderhede

Datum:
Mei 16, 2023
Tyd:
17:3019:00

Organiseerder vir intreerede

Olivia Adams
Epos:
adamso@sun.ac.za

Lokaal

First Year Chemistry Building, De Beer Road, Stellenbosch
1 De Beer Road
Stellenbosch, Western Cape 7600 South Africa
+ Google Map
Afrikaans