Loading Events

« Alle Intreeredes

  • This event has passed.

Prof Riaan Combrinck

Intreerede

Mei 23, 2023 @ 17:3018:30

Beton: Die reis en die bestemming

Beton is die mees gebruikte vervaardigde materiaal ter wêreld volgens volume en word deur baie beskou as die noodsaaklikste materiaal vir enige infrastruktuurontwikkeling.

Die samelewing is reeds vir eeue van beton afhanklik en dit sal vir nog vele jare die geval wees. Gegewe hierdie sukses kan vrae rakende waar beton se reis begin het en of daar ʼn finale bestemming is gevra word. Hierdie voorlegging gee die agtergrond tot beton se reis tot op hede sowel as die grootste uitdagings wat dit ervaar het en die mylpale of deurbrake behaal. Beton se finale bestemming word volgende beskou sowel as die oorblywende uitdagings en moontlike oplossings, wat ook die meeste internasionale en plaaslike navorsing rig. Beton word voorgehou as die enige voorsienbare materiaal wat huidige en toekomstige infrastruktuurontwikkelingsbehoeftes kan bevredig. Laastens word besonderhede gegee oor die navorsing wat tot dusver gedoen is en hoe dit inpas in die groter doelwit van verbetering van die beton van die toekoms.

Kyk die intreerede hier

Kort biografie

Prof Riaan Combrinck verwerf tussen 2005 en 2016 sy MIng, MScIng en PhD aan die Universiteit Stellenbosch. Hy word in 2013 as voltydse dosent in die Departement Siviele Ingenieurswese aangestel. Hy publiseer internasionaal en plaaslik en staan aan die hoof van die Eenheid van Konstruksiemateriale (UCM) by die Universiteit Stellenbosch. Die UCM ondersteun nagraadse studente en bied ook spesialiskonsultasiedienste aan die bedryf, veral met betrekking tot die toetsing en ontwikkeling van konstruksiemateriale. Sy onderrig- en navorsingsbelangstellings is konstruksiemateriale met ʼn spesifieke fokus op beton, die materiaal wat die tweede meeste ter wêreld gebruik word, naas water. Tans behels sy navorsing die verbetering en doeltreffender gebruik van alle bestanddele wat in beton gebruik word, naamlik water, sement, sand, klip en bymengsels. Verder word navorsing oor defekte in beton en beton se estetiese eienskappe gedoen. Die hoofdoelwit van die navorsing is om beton van hoër gehalte en betonstrukture met langer leeftye te skep.

RSVP HIER

Besonderhede

Datum:
Mei 23, 2023
Tyd:
17:3018:30

Organiseerder vir intreerede

Olivia Adams
Epos:
adamso@sun.ac.za

Lokaal

Reitz Hall, Engineering Faculty
156 Banghoek Road, Stellenbosch Central
Stellenbosch, Western Cape 7605 South Africa
+ Google Map
Afrikaans