Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Gratis toegang tot uitgesoekte webwerwe

Ongelukkig val Facebook en Twitter nie onder hierdie kategorie nie! Ons verwys wel na webwerwe wat deel vorm van die SANREN-netwerk waartoe jy voortaan gratis internettoegang sal hê.

Die SANREN-netwerk is onder andere daargestel vir die bevordering van navorsing deur middel van kommunikasie by tersiêre instellings. Indien jy dus `n navorser is wat saam met ander instansies wat aan die SANREN-netwerk gekoppel is, werk, kan jy nou gratis die volgende http, https en ftp weergawes van onderstaande webwerwe besoek –

*.mirror.ac.za

*.cput.ac.za
*.uct.ac.za
*.uwc.ac.za
*,tenet.ac.za
*.rims.ac.za

Verdere goeie nuus is dat gratis toegang na ander webwerwe wat nodig is vir navorsingsdoeleindes, ook versoek kan word. Indien jy dus op `n gereelde basis vir werkdoeleindes toegang moet hê tot `n spesifieke akademiesewebwerf, laat ons weet deur `n versoek te stuur aan helpinfo@sun.aca.za.

Tags: ,

2 Responses to “Gratis toegang tot uitgesoekte webwerwe”

  1. Sonja van der Westhuizen says:

    Hi Johann,

    die twee rims-adresse is http://info.rims.ac.za en https://www.rims.ac.za. Aims is nog nie op die bestaande lys nie.

  2. Johann says:

    .rims.ac.za wou nie konnekteer nie. Bedoel jy dalk aims?
    Ander webwerwe wat personeel en nagraadse studente dikwels gebruik (almal op *.ac.za):
    nrf
    mrc
    che
    hsrc

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.