Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Skootrekenaars nou meer bekostigbaar vir studente

Studente kry reeds toegang tot die kampusnetwerk en IT-stelsels d.m.v. ongeveer 2500 rekenaars in RGAs. Addisioneel tot hierdie fasiliteite in RGAs word voorsien dat studente toenemend hul eie draagbare skoot- of tabletrekenaars na die kampus sal bring. In lyn met hierdie inisiatief is daar deur ’n landswye studente-skootrekenaarprojek mededingende pryse vir skootrekenaars beding. Hierdie rekenaars is getoets en goedgekeur deur die US se IT-afdeling en word aanbeveel vir studente.

Die produkte is billik geprys met `n aansienlike afslag op die vasgestelde pryslys vir sommige modelle. Alle modelle word standaard uitgereik met Windows 7 en Office 10 Pro – nog `n besparing van R1200-00.

Twee rekenaarhandelsmerke, Acer and Lenovo is gekies en elke verskaffer het vier verskillende opsies: Van intreevlak tot gevorderd. Die spesifikasies van die vier modelle is dieselfde by beide verskaffers. Jy kan dus besluit watter handelsmerk en model jou die beste pas.

Jy kan jou skootrekenaar direk by die verskaffers koop deur te kliek op die onderskeie skakels.

AcerLenovo

DISCLAIMER STATEMENT: PURCO, on behalf of the South African universities, negotiated prices with specific suppliers for specific laptops that are now being offered to qualifying students. All transactions relating to the procurement of the laptops will be between the computer supplier and the end-user. Neither PURCO nor the universities are in a position to guarantee the quality of the product or related services.

important infoJy moet ’n voornemende of huidige student met ’n US-nommer wees om te kwalifiseer. Indien jy meer inligting verlang of addisionele hulp nodig het, kontak ons by laptop@sun.ac.za of 021 808 9111

Tags: , , , , , ,

9 Responses to “Skootrekenaars nou meer bekostigbaar vir studente”

  1. Alllister says:

    Good Afternoon Ilse

    Yes staff may purchase but in a private capacity i.e. not be used or approved as University Asset

  2. Alllister says:

    Good Afternoon Corneli

    this offer is open to all students.

  3. Alllister says:

    Good Afternoon Vincent
    that would cost an extra R 501.54

  4. Alllister says:

    Good afternoon Benita

    It depends on your needs as we do not have any official confirmation whether or not the specs are going to change anytime soon.

  5. Wouter says:

    Goeie more Benita,

    In my opinie sal dit die beste wees om nog ‘n rukkie te wag. Daar is nuwe reekse wat binnekort die huidige tegnologie gaan vervang. Van die Acer modelle gaan oor 3-4 weke vervang word volgens die website. Die laptops sal ietwat vinniger wees met beter battery leeftyd.

  6. Ilse Kirstein says:

    Mag personeel ook hierdie aanbod gebruik ?

  7. Corneli Strydom says:

    Dit is voorwaar goei nuus.

    Geld hierdie aanbod slegs vir voorgraadse studente, of sluit dit nagraadse studente in?

    Dankie vir julle hulp.

    Groete

  8. Vincent Pool says:

    Hi

    Dankie vir die geleentheid om ‘n universiteitsgoedgekeurde rekenaar te bekom teen ‘n billike prys. Acer bied ‘n “4 year onsite warranty” maar sal graag wil weet wat die koste daarvan sal wees, indien nie ingesluit nie.

    Groete

  9. Benita van Zyl says:

    Wonderlike nuus!

    Ek sit met ‘n voornemende student wat in 2013 eerstejaar sal wees. Wanneer is die beste tyd om ‘n laptop te koop? Moet ons eerder wag tot nader aan die einde van die jaar?

    Ek hoor graag van u.

    Groete

 

© 2013-2019 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.