Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

JPG, GIF of TIFF?

Jy wil net `n eenvoudige foto vir iemand met e-pos stuur, maar al die verskillende grafika formate en wanneer dit die beste is om watter een te gebruik, maak jou meer deurmekaar as `n verkleurmannetjie op `n smartieboksie.

Kom ons begin voor –

Die bekendste formaat vir grafika (prente, fotos, ens.) is .jpg. JPEG is die afkorting vir “Joint Photographic Experts Group”, maar dis nie nodig om te onthou nie. JPG’s is gewild en word algemeen gebruik omdat dit beskik oor uitstekende kompressiemetodes om te verseker dat die lêer so klein moontlik kan wees, sonder dat daar sigbare verslegting van die beeld plaasvind. Jy kan dit dus met `n geruste hart gebruik om jou fotos vir familielede aan te stuur sonder dat jou posbus moedeloos sug onder die vreeslike lading.

BMP oftewel die Bitmap formaat is een van die oudste/primitiefste grafika tipes en het GEEN “compression nie”. As gevolg van bitmaps se  gebrek aan kompressie, is die leêrs onnodig groot en neem dit geweldig baie spasie op en word die netwerk en e-pos bediener oorlaai. Dit sal ook jou eie posbus volmaak as dit in jou Sent items agterbly, sowel as die ontvanger. Probeer  bitmaps vermy en gebruik eerder `n jpg.

GIF (Graphics Interchange Format) is ‘n bitmap grafikaformaat wat in 1987 deur CompuServe bekendgestel is en nou wêreldwyd gebruik. Die formaat ondersteun tot 8 bits per pixel en laat dus `n enkele grafiese beeld toe om `n palet van tot 256 afsonderlike kleure te gebruik.

GIFs is geskik vir grafika met duidelike lyne en `n beperkte aantal kleure  (soos logos) en vir klein animasies en lae-resolusie filminsetsels. Weens GIFs se beperkinge is hulle nie geskik vir digitale fotografie nie, maar behoort  TIFF, RAW of JPEGs eerder gebruik te word.

Om minder spasie te gebruik, probeer eers jou grafika kleiner maak. Dis nie nodig om `n hoë resolusie leêr van `n paar meg te stuur om iets te kan sien op `n foto nie. (tensy jy beplan dat die persoon wat dit ontvang, dit moet druk)

PNG (Portable Network Graphics) is `n formaat ontwerp vir die oordra en versprei van grafika op die internet, nie vir professionele hoë-kwaliteit drukwerk nie. Die formaat ondersteun dus ook nie CMYK nie, maar bied `n verskeidenheid deursigtigheidsopsies.

TIFF‘s (Tagged Image File Format) word gebruik deur professionele drukkers vir die beste moontlike kwaliteit afdrukke. Die formaat is deur die maatskappy Aldus geskep vir wat destyds “desktop publishing” genoem is en die TIFF-formaat word deur die meeste grafika-manipulasie-,  skandering,  faks-, woordverwerking-, optiese karakterherkenning- en uitlegsagteware gebruik.

(Inligting verskaf deur Neels Blom en Wikipedia)

4 Responses to “JPG, GIF of TIFF?”

  1. Nico Treurnicht says:

    Jou hoofletters vir RAW het my laat wonder of die lank verwagte standaard RAW formaat die lig gesien het. Die antwoord lyk vir my is toe JaNee. Daar is nou die ISO 12234-2, TIFF/EP standaarde en DNG wat aan die deur klop vir algemene gebruik, maar dit word nog nie juis aanvaar nie. Vir die oomblik moet ons aanvaar dat elke vervaardiger sy eie standaard het, bv Nikon se NEF, Canon se CR2 en Adobe se DNG formate ens. Dit lyk dus of die beskrywing van die onspesifieke Raw formaat as apparaat spesifieke digitale negatief formaat nog geldig is.

  2. Grant says:

    In elke geval hoe beskerm jy jou wagwoord teen programe soos Wireshark en John The Ripper laasgenoemde gebruik ‘Brute Force’ attacks op wagwoorde en gebruikersname. ek se maar net
    Groete Grant

  3. Sonja van der Westhuizen says:

    Thanks Steve – will fix that typo asap!

  4. Steve Kroon says:

    Note that JPEG’s do lose quality when you compress them. One can configure lossless JPEGs, which are much smaller than BMP files, but doing so is not the default in most image editing programs.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.