Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Hoe om jou foonbattery langer te laat hou

In `n vorige skrywe het ons vir julle voorstelle gegee oor hoe om jou selfoon se battery langer te laat hou. Na aanleiding van die positiewe reaksie wat ons gekry het, het ons besluit om nog `n paar idees met julle te deel.

Die verwagting om altyd aanlyn en beskikbaar te wees word by die dag groter en groter. Min dinge is egter so frustrerend soos `n pap battery wanneer jy `n belangrike oproep moet maak of e-pos moet stuur.

`n Pap battery is onvermydellik, maar daar is klein maatreëls wat jy kan tref om daardie ekstra bietjie lewe uit jou foonbattery te kry.

1. Wi-fi, 3G en Bluetooth

Indien enige van bogenoemde funksies voortdurend geaktiveer is, sal jou foon deurlopend probeer om aan die beskikbare dienste in jou omgewng te verbind. As jy nie die hele tyd toegang hoef te hê tot hierdie dienste nie, sit dit eerder af en verbind daaraan soos nodig.

2. Agtergrondlig

Het jy regtig in die middel van die dag `n helder bron van lig agter op jou skerm nodig?  Jou foon het krag nodig om hierdie lig te genereer en hoe helderder die lig vir jou skerm, hoe meer batterykrag offer jy op. Stel eerder die lig dowwer as jy wil krag spaar.

3. Toepassing

Goed, dis lekker om die nuutste toepassings te hê wat vir jou allerhande (soms onnodige) inligting kan gee. Hou net, jou foon het krag nodig om al tien toepassings te laat loop in die agtergrond. En dis krag wat jy dalk later nodig gaan hê as jy `n dringende oproep moet maak.

4. GPS

Om jou GPS te gebruik om op Twitter te wys waar presies jy tans is, mag handig wees, maar dit gaan ook jou batterykrag opsuig. En as jou batterykrag op is en jy verdwaal is jy ook sonder GPS!

5. Alarms en kennisgewings

Is jy geneig om afsprake en take te vergeet? En jou selfoon is so gestel dat dit jou op gereelde basis daaraan herinner? Kennisgewings en alarms op selfone is baie handig, maar as jy jou foon terselfdertyd op vibreer sit, ontneem dit jou van batterykrag.

(SOURCE: http://www.makeuseof.com)

 

 

Tags: ,

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.