Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Windows 8 – regtig `n beter opsie?

Windows 8 het in Oktober 2012 die lig gesien en op die oog af lyk die nuutste weergawe soos `n splinternuwe bedryfstelsel. As ons die nuwe Windows egter van nader bykyk, is daar nie soveel anders as met Windows 7 nie.

Met hierdie nuwe weergawe het Microsoft `n drastiese nuwe benadering tot raakskerm rekenaars en toestelle. Vir die eerste keer ooit spog `n Windows bedryfstelsel met `n applikasies-winkel soortgelyk aan die wat beskikbaar is vir Apple Mac en Android-toestelle.

 Die Windows 8 winkel verskaf gratis en gelisensieerde  aflaaibare sagteware en toepassings via die Microsoft portaal. Die bedryfstelsel word gekenmerk deur `n nuwe voorkoms met aktiewe teels op die tuisskerm. Hierdie teels kan geskakel word met jou kontakte, Facebook, die nuutste nuus, weervoorspellings en vele meer. 

Ten spyte van bogenoemde, is dit egter belangrik om in ag te neem dat die bedryfstelsel nog baie onderontwikkel is in terme van sekuriteit en kwesbaarheid. Windows 7 bied `n veelomvattender stabiele en veilige oplossing op die oomblik, hoofsaaklik omdat dit langer beskikbaar is en dit reeds deur al die groeipyne gegaan het. Dit het reeds verskeie opdaterings en sekuriteitsregstellings, sowel as `n “Service Pack”. Al hierdie opdaterings dra by tot `n meer sekure en stabiele bedyfstelsel.

Dit is om hierdie rede dat IT steeds Windows 7 kies as ondersteunde bedryfstelsel vir kampusgebruikers. Alle nuwe rekenaars word geinstalleer met Windows 7. Alle bestaande, werksverwante rekenaar of toestel sal of opgradeer word (ouer Windows XP rekenaars) of  laer gegradeer word (rekenaars reeds met Windows 8 op) na Windows 7 met “Service Pack” 1.

*** NS.

Die IT-span is reeds besig om Windows 8 deeglik te toets vir toekomstige gebruik op kampus. Dis `n lastige, tog noodsaaklike taak, om `n veilige en vertroulike omgewing vir al ons kollegas te skep. 

(INLIGTING VERSKAF DEUR TIAN PETERSEN)

 

 

Tags: ,

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.