Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

E-pos etiket: moets en moenies

As daar een area is waarop etiket-guru Emsie Schoeman nog nie oor kommentaar gelewer het nie, is dit e-pos. Maar moenie dink dat jy etiketriglyne kan ontsnap net omdat die elektroniese wêreld meer informeel is nie. Selfs met e-pos kan jy jouself lelik vasloop as jy jou nie gedra nie.

Jy wonder waarskynlik hoekom daar enigsins iets soos e-pos etiket bestaan, spesifiek binne die maatskappy-opset. Daar is drie (baie goeie) redes, naamlik professionalisme, effektiwiteit en ook beskerming teen aanspreeklikheid vanuit `n regsoogpunt.

Ons het gaan kersopsteek by die internet en hier is net `n paar wenke vir noukeurige e-posgebruikers.

1. Wees presies en tot die punt. 
Langdradige e-posse is onnodig. Wees kort en kragtig. Vermy lang sinne. Sinne behoort `n maksumum van 15 tot 20 woorde te bevat.

2. Beantwoord alle vrae en spreek ook moontlike opvolgvrae aan
Sodoende vermy jy `n string e-posse en mors jy nie jou of iemand anders se tyd nie.

3. Spelling en taalgebruik
Slegte spelling en taal skep `n swak indruk en e-posse sonder enige hoofletters of leestekens lees moeilik. Gebruik jou speltoetser ook vir e-posse, nie  net vir amptelike dokumente nie.

4. Uitleg
Teks op skerms is moeiliker om te lees en daarom is uitleg ook belangriker. Gebruik kort paragrawe en spasies tussen paragrawe.

5. Gebruik `n veelseggende onderwerp in die Subject-reël
Sit die toepaslike onderwerp waaroor die e-pos gaan in die Subject-reël, sodat die ontvanger onmiddellik weet waaroor dit gaan. Dit spaar tyd en gee konteks.

6. Antwoord vinnig
Die verwagting is dat `n e-pos vinnig beantwoord sal word. Moenie korrespondensie vir dae in jou posbus laat lê as jy dit binne `n minuut kon beantwoord nie. Die standaard is 24 uur, verkieslik nog op dieselfde werksdag. As jy nie dadelik `n antwoord het nie, laat weet dat jy die e-pos ontvang het en so gou moontlik terugvoer sal gee.

7. Groot aanhangsels
Moenie onnodige groot aanhangsels saam met jou e-pos stuur nie. Sommige e-pos bedieners kan dit nie hanteer nie.

8. Hoofletters
Moenie slegs hoofletters hoofletters gebruik nie. Hoofletters impliseer dat jy skree op die ontvanger van die e-pos en kan interpreteer word as onhoflik.

9. Lees voor jy stuur
Moenie oorhaastig `n e-pos stuur nie. Bo en behalwe spelfoute, is dit ook belangrik om seker te maak jy dat jou boodskap duidelik en verstaanbaar is. Onthou dat die ontvanger maklik iets kan misinterpreteer as hy nie van aangesig-tot-aangesig met jou praat nie.

10. Moenie antwoord op gemorspos nie
Selfs al sê dit dat jy moet antwoord as jy dit nie meer wil ontvang nie. Deur te antwoord, bevestig jy dat jou e-pos aktief is en word nog meer e-pos gegenereer. Vee eerder dadelik die e-pos uit.

11. Moenie aflewerings- en leesversoeke aanvra nie
Die kans is goed dat jy die ontvanger gaan irriteer daardeur selfs nog voordat hy jou boodskap ontvang het. Vra eerder direk vir die persoon as jy wil weet.

12. Moenie vra dat boodskappe onttrek word nie
Die boodskap is waarskynlik reeds afgelewer en gelees. So `n versoek lyk onprofessioneel en oneerlik. Stuur eerder `n opvolg e-pos om te verduidelik.

13. Moenie ketting e-posse of valse viruswaarskuwings aanstuur nie
Microsoft gaan nie vir jou geld stuur as jy `n e-pos aanstuur vir 20 mense nie – so ook geen ander maatskappy nie. Die meeste ketting e-posse wat waarsku teen virusse is ook nie geldig nie. Vee dit liewer dadelik uit.

14. Vermy die “high priority”-funksie
Indien jy dié opsie te veel gebruik, verloor dit sy effektiwiteit. Hierbenewens mag jou e-pos ook ietwat aggressief voorkom. Dieselfde geld vir die gebruik van terme soos “DRINGEND” en “BELANGRIK”.

15. Wees versigtig met emotikons en afkortings
Probeer liewer nie om afkortings soos LOL en BTW te gebruik nie. Emotikons soos die :) is ook nie vanpas in besigheid e-posse nie.

BRON: http://www.emailreplies.com en http://www.businessemailetiquette.com

 

6 Responses to “E-pos etiket: moets en moenies”

  1. Ralph Pina says:

    My personal view and practice on “immediately replying” are the following:
    1. The pace and frequency of responding to emails are determined by MY priorities and time management. In other words, if you email me at 11 pm, it will not attract my attention, I will not read it, let alone respond. Unless there is some prior arrangement to collaborate on something urgently.
    2. If somebody needs to contact me and get my attention urgently, then Instant Messaging (IM) channels should be used, such as Lync, Skype or WhatsApp. These IM channel handles are visible to my contacts. Or a good old ‘phone call can be used.

    In short, Email is not IM and is highly inefficient when used for that purpose.

  2. Allister says:

    @tpepler well said and i agree but working through the age groups e-mail is the easiest tool for everyone to communicate on with a certain level of understanding and with the most success of actually communicating :-)

  3. tpepler says:

    “Immediately replying to an e-mail is generally expected.”

    E-mail is a non-urgent medium of communication. Telephone calls and instant messaging should be used for urgent communications, in conjunction with e-mail, if necessary.

    Treating e-mail in general as a high priority communication medium in the workplace can quickly become a huge drain on productivity, because of the frequent interruptions it causes.

  4. mars says:

    Miskien is die volgende stap ‘n stel amptelike etiquette riglyne vir die US

  5. Sonja van der Westhuizen says:

    Hi Ragmah, glad you’ve found it helpful. Let us know if you have any other suggestions!

  6. Ragmah says:

    Thank you , I love this….. Long over due.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.