Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

3G teen `n koste

Is jou selfoon se onderduimse optrede besig om `n groot, onverwagse hap uit jou sak te vat? Daar is `n paar maatreëls wat jy kan tref om `n 4-syfer rekening te vermy.

1. Stel data-limiete en `n beperking op jou rekening by jou diensverskaffer.
Wees versigtig met jou 3G-databundel. Sommige pakkette van diensverskaffers se 3G-databundels beskerm nie die gebruiker teen oorspandering nie. Hierdie risiko kom veral voor by gebruikers wat ‘n besigheidskontrak met ‘n diensverskaffer gesluit het en onder die indruk is dat, indien ‘n databundel teen die kontrak gekoop is, dit veilig is om maar die datadiens te gebruik “tot dit op” is. 

Daar is egter ‘n groot risiko dat indien die databundel oorskry word, ‘n baie hoër “buite-bundel” tarief inskop en die gebruiker onvermoedelik ʼn baie hoër uitgawe verpligting aangaan.

Gebruikers word sterk aangeraai om limiete op die bedrag of verkeer te plaas (kyk na u diensverskaffer se webblad), asook om sms of epos boodskappe te aktiveer wanneer die verkeer naby die limiet van die kontrak kom. Voorafbetaalde data is in die opsig baie veiliger.

Gebruikers aangemoedig om die volume verkeer op die 3G beheerprogram self deeglik dop te hou. Die meeste verskaffers gee aan hul kliënte die opsie op datagebruik op hulle webwerf te monitor en IT raai gebruikers aan om van hierdie fasiliteit gebruik te maak.

Op Android kan jou mobile databeperking gestel word onder settings. Toepassings kan ook beperk word sodat hulle nie data op die agtergrond gebruik wanneer die mobiele data-funksie geaktiveer is nie. 

2. Moenie toelaat dat jou e-pos outomaties sinkroniseer nie. Gebruik eerder die manual opsie en Send en Receive wanneer jy e-pos wil nagaan.

3. Wees versigtig vir webwerwe en toepassings soos Facebook, Youtube, Instagram en Pinterest – hulle is geweldig data-intensief en laai meer af as wat jy dink.
Sekere toepassings kan dataverbruik verminder deur inhoud saam te pers, onder andere Google Chrome.   Onavo is `n 3de party toepassing wat data-inhoud op jou foon se toepassings kan verminder.

 4. Stel sagteware-opdaterings na manual

Die risiko word verhoog deur programmatuur wat outomaties, sonder die gebruiker se wete, opdateer en gevolglik hoë volumes verkeer genereer. Let dus veral op sagteware se verstellings en maak seker dat opdaterings eerder met die hand gedoen word i.p.v. outomaties.    

As jy sagteware-opdaterings op jou foon moet doen, gebruik slegs jou WiFi daarvoor. Sit outomatiese opdaterings af, sodoende kan jy self kan beheer wanneer en hoeveel data gebruik word. 

5. Vermy die buitensporige koste van data in die buiteland.
“Wireless” binne die hotel is gewoonlik meer bekostigbaar as plaaslike diensverskaffers se “roaming” data opsies.

6. Skakel die 3G-fasiliteit af indien dit nie benodig word nie.
Sodoende voorkom jy onverwagse opdaterings en sagteware wat outomaties aflaai sonder dat jy daarvan bewus is.  

 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.