Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Kubersekuriteit – nie wetenskapfiksie nie

As ons die woord cyber hoor, dink ons aan futuristiese robotte,`n post-apokaliptiese wêreld en super-slim rekenaars.

Kubersekuriteit is egter nie in die verre toekoms nie, dis reeds hier en die bedreiging is werklik.

Wikipedia omskryf kubersekuriteit as volg:

Computer security, also known as cybersecurity or IT security, is the protection of information systems from theft or damage to the hardware, the software, and to the information on them, as well as from disruption or misdirection of the services they provide. It includes controlling physical access to the hardware, as well as protecting against harm that may come via network access, data and code injection, and due to malpractice by operators, whether intentional, accidental, or due to them being tricked into deviating from secure procedures. https://en.wikipedia.org/wiki/Computer_security (2015/10/12) 

Dit is dus duidelik dat enige diefstal van IKT toerusting of data, en ook enige ontwrigting van die diens by die definisie ingesluit word. 

Die volgende kategorieë word volgens Wikipedia identifiseer: Backdoors; Denial-of-service attack; Direct-access attacks; Eavesdropping; Spoofing; Tampering; Privilege escalation; Phishing; Clickjacking; Social engineering and trojans. (Oor die volgende paar maande sal ons hierdie kategorieë in meer detail verduidelik.)

Die beweegrede vir aanvalle op firmas is dikwels van monetêre aard, maar in die geval van die Universiteit van Stellenbosch is speel ʼn paar ander motiverings ook ʼn rol, byvoorbeeld finansieel, punte/grade manipulasie, vooraf insig in vraestelle, toegang tot en manipulasie van navorsingsmateriaal en resultate, verkryging van kontakbesonderhede (personeel, studente, donateurs, ens), ideologiese redes, benutting van ons rekenaar verwerkingskrag, misbruik van ons hoë-spoed internettoegang om aanvalle op ander entiteite te loods, ens. 

Die grootste swakplekke in sekuriteit sluit gebruikersname en wagwoorde; onopgeleide of onoplettende gebruikers; onveilige werkstasies; uitgediende apparatuur; foutiewe hardeskywe; “man-in-the-middle“-aanvalle en cloud-dienste, in.

Die eenvoudigste manier om toegang tot ons stelsels te kry is om dit deur middel van ʼn bestaande gebruikersnaam en wagwoord. Vanselfsprekend is dit dus belangrik dat gebruikers wagwoorde kies wat moeilik ontsluit kan word en goeie wagwoord praktyk toepas.

Moenie amptelike US gebruikersname en wagwoorde vir enige ander diens en sosiale media te gebruik nie. Skep liewer `n aparte gmail of live.com e-posadres en gebruik dit vir nie-amptelike registrasies en dienste. 

Gebruikers se toegang moet gereeld geouditeer word en ou regte wat nie meer gebruik word nie, moet verwyder word.  

Onopgeleide of onoplettende gebruikers is heel moontlik die grootse enkele risiko wat daar is. Dis baie maklik om “oortuig” te word om op `n skakel te klik of ʼn e-pos aanhangsel oop te maak. Iemand wat nie oplet na wat hul doen nie is ʼn maklike teiken vir enige aanvaller — ook in die kuberruimte.

Werkstasies onder die beheer van eindgebruikers met administrateursregte, bied `n volgende risiko, aangesien hulle enige program kan installeer. Gebruikers navigeer na enige webadres en klik op skakels sonder om daaroor te dink.  Enigeen van die skakels kan die werkstasie en gevolglik die kampus-infrastruktuur en data blootstel. 

Ook uitgediende apparatuur kan data bevat en gevolglik is dit noodsaaklik dat alle data eers verwyder word voordat apparatuur US-eiendom verlaat.

Hierdie is bloot `n paar voorbeelde van kubersekuriteit risikos en die uitdagings wat dit aan Informasietegnologie bied. Met gebruikers se hulp kan ons egter die gevare so ver moontlik afweer.

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.