Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • KategorieĆ«

  • Argiewe

Phishing steeds algemeen

Pogings om personeel se persoonlike inligting te oes om toegang tot bankrekeninge te kry, bly `n netelige kwessie.

Ongelukkig kan ons nie personeel waarsku teen elke e-pos bedreiging nie, maar ons kan uitwys waarna om te kyk sodat jy nie `n slagoffer word nie. Let spesifiek op die volgende:

1. Die e-pos is nie persoonlik aan jou gerig nie, dis net `n generiese aanhef. (byvoorbeeld “Dear client”)
2. Dit vra persoonlike inligting, byvoorbeeld jou ID-nommer, wagwoord of gebruikersnaam.
3. Dit versoek dat jy op `n skakel kliek om jou rekening te “aktiveer”. Moenie kliek op skakels in e-posse nie (behalwe amptelike IT e-posse) en moet dit nie kopieer en plak in jou webblaaier nie.
4. Daar is gewoonlik `n kort tydsbeperking gekoppel aan die versoek, byvoorbeeld “binne 24 uur”.
5. Maak seker die versoeke is wettig deur die maatskappy se telefoonnommer te skakel en uit te vind.
6. Moenie sensitiewe informasie met e-pos stuur nie. Wettige maatskappye sal nie vra dat jy data per e-pos aan hulle stuur nie.

Bo en behalwe bogenoemde, is die beste veiligheidsmaatreƫl oplettendheid en versigtigheid. Meld verdagte e-posse aan by sysadm@sun.ac.za en lees ook artikels oor sekuriteit op ons blog, sowel as die twee-weeklikse nuusbrief, Bits & Bytes.

 

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.