Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Eksamentoepassing ʼn reuse sukses

Tot onlangs was toegang tot eksamenlokale vir studente `n tydrowende handaksie wat uitvoer is deur inligting op toegangslyste na te gaan en af te merk. Nuwe tegnologie, ontwikkel deur Informasietegnologie, in samewerking met die Eksamenkantoor in die Registrateursafdeling, het dit egter verander. 

Die nuwe ontwikkeling gebruik selfone by elke eksamenlokaal om te identifiseer of studente toegang behoort te kry. `n Student se studentekaart word teen die agterkant van die foon gehou, waarna daar op die skerm vertoon word of die student veronderstel is om die eksamen van die spesifieke module in die spesifieke lokaal moet skryf. Die skerm sal `n groen regmerk wys as die student by die regte eksamenlokaal is (sien grafika regs) en `n rooi kruis wanneer hy/sy nie is nie. Indien die student by die verkeerde lokaal is, sal die skerm ook aandui waar die student wel moet wees vir die eksamen.

Te danke aan dié nuwe proses sal toegang tot eksamenlokale makliker en vinniger hanteer word. Die makliker skanderingsproses is moontlik as gevolg van die NFC (near-field communications) skyfie op Android-fone wat kommunikeer met die ingeboude MIFARE-skyfie in die studentekaart. Die identifikasie-inligting word dan deur die foontoepassing gebruik om die student se eksamenlokaal op te soek. Die eksamenlokaal en module-informasie word onttrek vanaf die Studente Inligtingstelsel. 

Toetse is eers op `n klein skaal verlede jaar gedurende die November eksamen uitgevoer en die tegnologie is vir die eerste keer volledig implementeer gedurende die Junie eksamen die jaar. Dit was `n reuse sukses.

Emce Louw, Hoof van die Eksamenkantoor, het die impak van die nuwe tegnologie eerstehands beleef. Sy was betrokke by die laai van die selfone, data-opstelling, oplei van die konvenors wat die skandeerwerk by die lokale moes doen en was ook verantwoordelik vir die insameling van die fone na afloop van die eksamens. Terugvoer vanaf studente en toesighouers was ewe positief:

 

 

 

Scan van studentekaarte is fantasties! Ek het gister 4de jaar Megatronika studente gehad. Hulle was vreeslik beïndruk met die scanning!”

Die ontwikkeling en suksesvolle voltooiing van die tegnologie was `n poging oor verskeie spanne met verskeie funksies heen. Hendrik le Roux van Informasietegnologie se Toegangsbeheerafdeling was die projekbestuurder en Guzelle Hendricks was verantwoordelik vir die besigheidanalise van die twee driemaande fases van die projek wat gestrek het van einsw 2017 tot Junie 2018.

Bo en behalwe Hendrik en Guzelle  het die volgende personeel elkeen `n belangrike rol gespeel – Phillip Greeff (TAS), Gregory Isaacs (TAS), Anna-Mari du Toit, Marc-Allen Johnson, Jeremy van Rooyen, Charles Hopkins, wat die toepassing geskryf het, en Elmar Matthee, wat verantwoordelik was vir bedienerontwikkeling. Aan die kant van die funksionele aandeelhouers het, buiten Emce, Neels Fourie (Adjunk-Registrateur), sowel as Jan du Toit en Helene Nieuwoudt (beide van SISO) aan die projek deelgeneem.

 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.