Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Toepassings

Interaktiewe kampuskaart wys WiFi in geboue

Donderdag, April 1st, 2021

Bykans ‘n jaar gelede het Fasiliteitsbestuur hulle pasgemaakte, interaktiewe kampuskaart bekendgestel. Dié aanlyn-toepassing is in samewerking met Informasietegnologie en Esri Suid-Afrika ontwikkel en is veral handig vir nuwe studente wat nog nie bekend is met die kampusomgewing nie. Meer oor die funksionaliteit van die kaart.

Een handige funksie wat mettertyd bygevoeg is, is die aanduiding van WiFi-beskikbaarheid in geboue. Om die WiFi-koppelvlak te sien, volg die instruksies onder:

  1. Maak https://campusmap.sun.ac.za/in jou webblaaier oop.
  2. Kies Proceed. 

 

3. Kliek op die layers-ikoon (met rooi gesirkel)

 

4. Kies Campus WiFi Coverage

 

Alhoewel die interaktiewe kaart lewendig is, word dit deurentyd verfyn en opgedateer soos dit gebruik word en nuwe behoeftes bepaal word. 

Vir navrae en voorstelle kontak gerus vir Fasiliteitsbestuur. 

 

SU releases first interactive campus map

(English) Apple update news

Woensdag, Desember 2nd, 2020

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

(English) Working remotely toolkit

Maandag, Maart 23rd, 2020

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

McAfee-opgradering

Donderdag, Maart 12th, 2020

Soos ons weet, is McAfee reeds `n geruime tyd die keuse vir virusbeskerming op kampusrekenaars. Nuwe en verbeterde produkte word gereeld vrygestel en ons moet byhou met veranderinge om te verseker dat ons beskerm bly teen virusaanvalle.

Ons is tans in die proses om die McAfee-omgewing op te gradeer na McAfee Endpoint Security.

Wat is dit?

McAfee Endpoint Security is `n moderne geïntegreerde, uitbreibare sekuriteitsoplossing wat bedieners, rekenaarstelsels, skootrekenaars en tablette teen bekende en onbekende bedreigings beskerm. Hierdie bedreigings sluit malware, agterdogtige kommunikasie, onveilige webwerwe en afgelaaide leêrs in. Dit vervang etlike verouderde McAfee-produkte wat ontplooi is as alleenstaande produkte (VirusScan Enterprise en ander) met `n enkele-agent argitektuur en geïntegreerde, gevorderde verdedigingsmiddele soos masjienleer-analise, afsluiting en eindpuntdeteksie en -reaksie (EDR)

Hoe verskil dit van VirusScan Enterprise?

McAfee Endpoint Security tree beter op as VirusScan Enterprise en gee `n 25% hoër beskermingsratio.

Hoe sal die opgradering my rekenaar beïnvloed?

Gedurende die opgraderingsproses sal jou rekenaar `n bietjie stadiger wees, maar dis slegs tydelik.

Enige vrae? Kyk na die FAQs.

Opdatering van Adobe-lisensies

Vrydag, November 29th, 2019

Adobe Acrobat-gebruikers mag dalk opgemerk het dat ’n kennisgewing op hulle skerms verskyn met die boodskap dat lisensies gaan verval einde November. 

Hierdie is ’n administrasie-saak aan Adobe se kant en kan maklik reggestel word sodat jy sonder te veel moeite kan werk. Indien jy nie jou lisensie opdateer word nie, sal jy nie meer pdf-dokumente kan redigeer of lees met die Adobe Acrobat programmatuur nie.

Om te voorkom dat dit gebeur kan jy een van die volgende doen:

  • Maak die volgende skakel oop. Jy sal gevra word om jou gebruikersnaam en wagwoord in te tik en die licenceupdate.exe leêr sal, afhangende van jou webblaaier, jou vra of jy dit wil run/save of outomaties aflaai.
    1. Indien jou webblaaier vra of jy wil run/save, kliek run. Jy mag moontlik ’n kennisgewing kry dat Windows die leêr as onveilig beskou, maar jy kan kliek op more info and op run anyway kliek. Verdere kennisgewings sal op jou skerm verskyn. Met elke kennisgewing, kliek bloot Yes. Die skerm sal die nuwe datum waarop Adobe verval vertoon.
    2. Indien ou webblaaier outomaties die leêr aflaai, gaan na jou Downloads-gids en dubbelkliek op die licenceupdate.exe leêr. Volg die stappe soos bo beskryf. 
  • Indien jy nie bogenoemde instruksies suksesvol kan installeer nie, meld asb. ’n versoek aan met die onderwerp “Update Adobe license” op die ICT Partner Portal. Hou in gedagte dat ons met hierdie opsie nie onmiddellike hulp kan waarborg nie.
 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.