Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

SafeCom: 3 belangrike punte

In 2010 is die SafeCom drukstelsel, ʼn gesentraliseerde drukbeheerstelsel met verrekeningsvermoeë, op die US-kampusse implementeer. 

Die hoofmotivering vir die implementasie was die gebruiksgemak, laer papiergebruik en die verlaging van oorhoofse kostes. Daarbenewens verskaf die drukstelsel veilige afhaal-drukwerk met toegangsbeheer en volledige enkripsie, die opsie om by enige drukker te kan druk en minder vermorsing. Meer detail kan op FIRGA se webwerf gevind word.

Drie punte om te onthou wanneer jy ʼn SafeCom-drukker gebruik:

Teken uit nadat jy ʼn SafeCom-drukker gebruik het.

Dis belangrik om die volgende twee redes:

  1. Indien jy aangeteken bly, kan iemand anders jou drukkrediete gebruik.
  2. Jou krediete word vir ʼn uur deur die drukker gereserveer waarna dit vrygestel word. Indien jy nie dadelik druk nie en ʼn ander drukker gebruik sonder om af te teken by die eerste een, sal jou krediete vir ʼn uur gereserveer bly en mag die tweede drukker aandui dat jou krediete te min is. Dit beteken dat jy nie by meer as een drukker op ʼn slag kan druk nie.

Maak seker jy het genoeg krediete. 

Wanneer jy druk, reserveer SafeCom krediete na gelang van die koste van die drukwerk of dokument. Wanneer jy kopieë maak, reserveer SafeCom al die krediete. 

Kies die regte kleuropsie

Voordat jy begin druk, kies eers die regte kleuropsie op jou rekenaar. Indien dit by bestek op kleur gestel is, sal dit jou aansienlik meer kos as swart en wit. (koste per bladsy is gelys op in Dienkatalogus)

 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.