Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Geskeduleerde IT-onderhoud: 13-17 Desember

Informasietegnologie sal gedurende die naweek van 13 Desember geskeduleerde onderhoud uitvoer op verskillende komponente van die IT infrastruktuur. Gevolglik sal daar tye wees wanneer stelsels nie beskikbaar is nie.

Kwartaallikse, geskeduleerde onderhoud vind plaas vanaf 17:00 Vrydag, 13 Desember tot 08:00 Dinsdag, 17 Desember. Verskeie IT dienste en stelsels word hierdeur geraak en kan gedeeltelik of in geheel nie beskikbaar wees nie. Weens die omvangryke onderhoud en die noodsaaklikheid vir deeglike toetsing van stelsels en dienste kan onderbrekings ook voortduur in die daaropvolgende week

Wees verseker dat ons alles binne ons vermoë sal doen om onderbrekings tot die minimum te beperk. Vir navrae kontak asb. die IT Dienstoonbank by 021 808 4367 of meld ʼn versoek aan op die ICT Partner Portal

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.