Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Webtoepassings weer beskikbaar

Om ongeveer 12:30 gistermiddag is verskeie webtoepassings beïnvloed deur ’n ernstige probleem op die stelsel-infrastruktuur. Dit het veroorsaak dat dienste soos eksamenresultate; eksamenskedules; laai van punte; e-tesisse; SUN-e-HR; wagwoordverandering; e-Betalings en die US-kontaksentrum se AgentePortaal, nie beskikbaar was nie.

Dankie vir julle geduld gedurende die uitgebreide onderbreking van stelsels. Alle stelsels en toepassings was teen 17:00 weer funksioneel. Ons ondersoek die insident om te bepaal wat die hoofoorsaak was en sal alle moontlike maatreëls in plek sit om te verhoed dat dit in die toekoms weer gebeur.

Hou in gedagte dat, gedurende insidente soos hierdie, ons gereelde opdaterings sal plaas t.o.v. die situasie op ons Twitter-rekening.

Indien julle enige vrae het, meld asb. ’n versoek aan op die ICT Partner Portal of kontak die Informasietegnologie dienstoonbank by 021 808 4367.

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.