Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Iets snaaks

As daar selfone in flieks was …

Vrydag, Desember 5th, 2014

Het jy al ooit gewonder hoe anders `n fliek sou wees as die karakters net eenvoudig hul selfone gebruik het soos gewone mense?

YouTube-kanaal CollegeHumour wys ons die moontlikhede.

Die Matrix loop op XP?

Vrydag, November 21st, 2014

Windows XP se tyd het ongelukkig begin uitloop en Microsoft het vroeër die jaar aangekondig dat dit nie meer ondersteun sal word nie.

Maar om die punt nog beter te bewys het die YouTube-kanaal College Humour `n insetsel gemaak om te wys wat sou gebeur as die Matrix Windows as bedryfstelsel sou gebruik. So, as jy nog onseker was oor `n opgradering na Windows 7, dalk is hierdie `n goeie motivering?

And now for something funny

Vrydag, November 7th, 2014

Die IT Crowd is `n Britse sitkom, geskryf deur Graham Linehan en vervaardig deur Ash Atalla met akteurs Chris O’Dowd, Richard Ayoade, Katherine Parkinson en Matt Berry. Die reeks speel af in `n fiktiewe Londen-kantoor van die Reynholm-maatskappy en meer spesifiek hul IT-afdeling.

Jy kan meer lees oor dié aweregste komedie op wikipedia. Intussen, hier is `n skets oor `n minder aangename hulplyn-ondervinding.

En nou vir iets snaaks

Vrydag, September 5th, 2014

Pearls Before Swine is `n Amerikaanse strokiesprent geskryf en geillustreer deur Stephan Pastis, voorheen `n prokureur van Kalifornië. Dit dokumenteer die daaglikse lewe van vier antropomorfiese diere,  Pig, Rat, Zebra, en Goat, sowel as `n paar ander ondersteunende karakters. Volgens Pastis verteenwoordig elke karakter `n eienskap van sy eie persoonlikheid en blik op die wêreld.”  (BRON: Wikipedia)

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.