Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Algemeen

Bly in kontak deur middel van Teams

Donderdag, Oktober 8th, 2020

In `n vorige artikel het ons verwys na Microsoft se besluit om na 15 Oktober nie meer TLS 1.0 en 1.1 te gebruik nie, maar eerder oor sal skakel na TLS 1.2 vir beter sekuriteit.

Na die uitfasering van TLS 1.0 en 1.1 op 15 Oktober sal Skype for Business nie meer jou Free/Busy status aandui nie en jy sal ook nie meer jou adresboek kan gebruik nie. 

Ons beveel aan dat jy Microsoft Teams gebruik vir kollaborasie en vir die gespreksfunksies wat voorheen beskikbaar was met Skype for Business.

Personeel wat die Skype for Business toepassing gebruik vir hulle kantoortelefoonnommer sal steeds Skype for Business moet gebruik om eksterne PSTN (Telkom en selfoonnommers) oproepe te maak en ontvang. Hierdie funksionaliteit sal binnekort egter ook na Teams geskuif word en gebruikers van die diens sal gekontak word wanneer dit gebeur.

(English) Error reporting FAQs

Woensdag, Oktober 7th, 2020

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Verandering in Adobe-lisensiëring

Woensdag, Oktober 7th, 2020

Adobe het onlangs hulle produkte se lisensiëringsmodel verander na named user-lisensies*. Die nuutste weergawe van Adobe DC (Document Cloud) waarvoor Universiteit Stellenbosch gelisensieërd is dus nie meer op serienommers gebaseer nie.

Histories sou ‘n nuwe serienommer in ‘n sagteware-installasie pakket ingebou word en sentraal uitgerol word na alle Universiteit Stellenbosch batenommer rekenaars. Hierdie proses, wat die afgelope vier jaar gevolg is, het verseker dat die sagteware sonder onderbreking gebruik kon word.

Met die nuwe lisensiëringsmodel word daar van personeel vereis om oor ‘n Adobe ID te beskik om die programmatuur te kan gebruik. Indien jy n Adobe Acrobat-gebruiker is, sal jy binne die volgende paar weke `n kennisgewing van Adobe (sien voorbeeld regs) ontvang wat aandui dat die lisensie verval. Die lisensieproses is slegs van toepassing op gevorderde gebruikers wat PDF-dokumente moet redigeer en digitaal teken. 

Wat is die voordele?

Hoewel dit ‘n groot aanpassing beteken in die wyse waarop programmatuur bestuur word, het die nuwe weergawe en lisensiemodel etlike voordele, insluitende ‘n veilige aantekenmetode. 

Die nuwe model stel IT in staat om aan gebruikers die toegang tot toepassings en dienste te bied wat hulle vereis vir deurlopende projekte, terwyl IT steeds die beheer het om te voldoen aan die universiteit se vereistes. IT trek ook voordeel uit `n eenvoudiger manier om regulasies na te kom, sowel as die bestuur van lisensies en dienste deur middel van die Adobe Admin konsole.

Wie kwalifiseer vir `n lisensie?

Volgens ons lisensiebeleid kan lisensies kan slegs toegeken word aan voltydse universiteitspersoneel. Personeel kan steeds gebruikmaak van Adobe Reader en die PDF-funksie binne die Office365-omgewing inspan. 

Die migrasie na named user-lisensies sal geleidelik plaasvind. Hierdie  artikel dien slegs as `n kennisgewing en op die oomblik word daar nie enigiets van jou vereis om die gebruik van Adobe te heraktiveer nie. Indien daar wel aksie nodig is van jou kant, sal ons jou in kennis stel van die prosedure. 

* Named User-lisensiëring is ‘n model waar programmatuur toegeken word aan ‘n individu in plaas van `n serienommer of toestel. 

Beskikbaarheid van public folders na November

Woensdag, Oktober 7th, 2020

Met aanvang Desember sal public folders nie meer ʼn beskikbare funksie wees vir personeel nie. Indien jy steeds public folders gebruik om, byvoorbeeld vergaderings te skeduleer stel ons voor dat jy alternatiewe oplossings oorweeg. 

Wat is public folders?

Public folders bied ʼn maklike en effektiewe metode om inligting te versamel, organiseer en deel met kollegas binne die universiteit. 

Wat beteken dit vir my?

Hoewel public folders gereeld binne die universiteit gebruik is, is daar nou ander, meer effektiewe opsies wat dieselfde, of selfs beter, funksionaliteit bied. Indien jy steeds public folders aktief gebruik, sal die IT Dienstoonbank ʼn alternatiewe oplossing kan voorstel afhangende van wat jy benodig.

Wat is die alternatiewe oplossings?

Kamer- of lokaalbesprekings kan gefasiliteer word deur ʼn resource mailbox aan te vra. Om in groepe saam te werk met kollegas, is MS Teams ideaal en laat dit lede toe om saam te werk aan dokumente en tred te hou met kommunikasie binne die span.

[ARTIKEL DEUR BRADLEY VAN DE VENTER]

Uitfasering van generiese IT e-posadresse

Woensdag, Oktober 7th, 2020

Tot onlangs het Informasietegnologie generiese adresse gebruik vir navrae. Vorige jare is hierdie posbusse met die hand gemonitor, maar meer onlangs, met die in werking stelling van die ICT Partner Portal, is dit eerder opgestel dat ʼn versoek outomaties aangeteken word.

As voorbeeld – as jy ʼn e-pos sou stuur na quote@sun.ac.za om navraag te doen oor hardeware komponente, sou jou e-pos outomaties ʼn versoek om informasie aanteken op die platform, gekoppel aan jou naam. In ʼn soortgelyke geval, as jy aan help@sun.ac.za e-pos gestuur het omdat jy die IT Dienstoonbank wou kontak. is ʼn versoek op jou naam aangeteken op die ICT Partner Portal

Binnekort sal dit nie meer die geval wees nie. Hierdie generiese adresse sal uitfaseer word en voortaan sal die enigste manier hoe jy ʼn IT-diens of informasie kan versoek wees deur ʼn versoek aan te teken op die ICT Partner Portal. (Sien ook ons FAQs oor foutrapportering vir meer inligting)

Bogenoemde het betrekking op die volgende adresse:

help@sun.ac.za
helpinfo@sun.ac.za
software@sun.ac.za
quote@sun.ac.za
student@sun.ac.za
telecom@sun.ac.za
students@sun.ac.za
itkursus@sun.ac.za
ittd@sun.ac.za
portalhelp@sun.ac.za
pbk@sun.ac.za
csirt@sun.ac.za
soc@sun.ac.za
ithub@sun.ac.za

Indien jy enige verdere navrae het, teken asb. ʼn versoek aan op die ICT Partner Portal.

 

© 2013-2020 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.