Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Nuus

(English) Effect of internet breakage on Stellenbosch University

Maandag, Januarie 20th, 2020

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Die einde van Windows 7

Woensdag, Desember 4th, 2019

Na tien jaar kom ondersteuning vir Windows 7  tot ’n einde op 14 Januarie 2020.

Hoe gaan dit jou beïnvloed?

Na 14 Januarie sal jou rekenaar nie meer enige sekuriteitsopdaterings of tegniese ondersteuning van Microsoft ontvang nie. Weens die sekuriteitrisiko wat jou rekenaar  plaas op die universiteit se netwerk, kan jou rekenaar van die netwerk verwyder word (m.a.w. geen internet, e-pos, ens) en jou data ook nie meer effektief beskerm kan word nie.

Indien jou rekenaar steeds gebruikmaak van die Windows 7 en Windows 8.1 bedryfstelsels, moet jy voor einde 2019 opgradeer na Windows 10, ’n bedryfstelsel wat wel die nuutste sekuriteitsopdaterings kan verskaf om jou data veilig te hou. Lees meer oor Microsoft programmatuur se lewensiklus op hulle webwerf.

Opgraderings van Windows 7 & Windows 8.1 na Windows 10 sal gratis vir personeel gedoen word. Om die opgradering aan te vra, vul asb ’n versoek in op die ICT Partner Portal (Select Get Desktop/laptop support) voor einde Oktober met die volgende inligting:

  • rekenaar se batenommer
  • kontaknommer
  • naam van gebou
  • kamernommer

Sodra die rekenaar se spesifikasies nagegaan is, sal daar ’n versoek vir jou aangeteken op ons ICT Partner Portal en sal jy ’n outomatiese e-pos ontvang. Hierna sal ’n IT-tegnikus jou kontak om verdere reëlings te tref indien nodig.

Ouer werkstasies mag addisionele komponente benodig om die opgradering te kan hanteer en dit sal deur die departement self betaal moet word. Daar is `n moontlikheid dat baie ou toerusting nie opgegadeer sal kan word nie weens hardeware beperkings.

IT sal die volgende gratis doen:

  1. Opgradering van die bedryfstelsel van Windows 7 & 8.1 na Windows 10

Jy of jou departement betaal vir:

  1. Rugsteun van alle data.
  2. Hardeware komponente benodig vir die opgradering na Windows 10

Indien IT versoek word om die data te rugsteun, sal dit teen onderstaande kostes gedoen word:

Minder as 15GB – R1230-00
Meer as 15GB – R2120-00

Relevante artikels oor die uitfassering van Windows 7:

 

Inetkey: Die einde is in sig

Woensdag, Desember 4th, 2019

Op Maandag, 2 Desember 2019, het die US Raad die begroting vir 2020 goedgekeur. Dié begroting sluit ’n nuwe model in wat befondsing vir internet-kapasiteit vir die hele universiteit insluit. In die verlede was Inetkey die kontrolepunt wat moes rekord hou van die individuele gebruik van personeel en studente sodat die nodige fondse gehef kon word om die internetdiens vir die universiteitsgemeenskap te kan bekostig.

Sal Inetkey skielik heeltemal verdwyn? Nog nie.

Vanaf Januarie sal Inetkey nie meer inligting oor datagebruik vir rekeningdoeleindes insamel nie. Daar sal inderwaarheid geen kostes meer vir gebruik wees nie.

Inetkey vervul egter ander tegniese doeleindes buiten die befondsing van die internetdiens. Gebruikersidentifikasie is ’n basiese vereiste om tred te hou met hoeveel elkeen gebruik, maar die universiteit moet ook weens sekuriteit- en ouditvereistes basiese inligting oor internetverkeer versamel. Gevolglik sal Inetkey steeds nodig wees vir toegang tot die internet, maar sonder koste.

’n Paar historiese feite:

Die verhaling van internetkostes was ’n algemene praktyk by die meeste SA-instellings sedert die 90’s. Bandwydte was ’n skaars bron en universiteite moes dit versigtig bestuur om die ineenstorting van dienste en ander negatiewe impak te vermy.

Vanaf 2000 het internet bandwydte geleidelik meer bekostigbaar geraak, soos gesien kan word in die verandering in tariewe sedert 2001. Die Universiteit het drie tariewe per dag ingestel om afslag gedurende aftye in ag te neem – A, B en C. Mettertyd het tariewe gestabiliseer en soos die kostes verminder het, het die universiteit ook gereeld die kapasiteit vermeerder.

In 2001 het jy R1-50 per MB (megabytes) vir internetdata betaal. Oor die afgelope 18 jaar het dit afgeneem na vandag se 2c. Terselfdertyd het ons internetkapasiteit toegeneem. In 2008 was die algehele kapasiteit slegs 0.4 Gbps (gigabits per sekonde) — op die oomblik loop ons netwerk op 1.7 Gbps en die moontlikheid bestaan dat dit volgende jaar verhoog kan word.

Wanneer verdwyn Inetkey finaal? Die oorblywende tegniese funksionaliteit van Inetkey sal na ander meganismes migreer word, soos die nuwe vuurmuur wat in die eerste helfte van 2020 aangekoop sal word. Ons verwag die finale ondergang van Inetkey later in 2020.

 

Opdatering van Adobe-lisensies

Vrydag, November 29th, 2019

Adobe Acrobat-gebruikers mag dalk opgemerk het dat ’n kennisgewing op hulle skerms verskyn met die boodskap dat lisensies gaan verval einde November. 

Hierdie is ’n administrasie-saak aan Adobe se kant en kan maklik reggestel word sodat jy sonder te veel moeite kan werk. Indien jy nie jou lisensie opdateer word nie, sal jy nie meer pdf-dokumente kan redigeer of lees met die Adobe Acrobat programmatuur nie.

Om te voorkom dat dit gebeur kan jy een van die volgende doen:

  • Maak die volgende skakel oop. Jy sal gevra word om jou gebruikersnaam en wagwoord in te tik en die licenceupdate.exe leêr sal, afhangende van jou webblaaier, jou vra of jy dit wil run/save of outomaties aflaai.
    1. Indien jou webblaaier vra of jy wil run/save, kliek run. Jy mag moontlik ’n kennisgewing kry dat Windows die leêr as onveilig beskou, maar jy kan kliek op more info and op run anyway kliek. Verdere kennisgewings sal op jou skerm verskyn. Met elke kennisgewing, kliek bloot Yes. Die skerm sal die nuwe datum waarop Adobe verval vertoon.
    2. Indien ou webblaaier outomaties die leêr aflaai, gaan na jou Downloads-gids en dubbelkliek op die licenceupdate.exe leêr. Volg die stappe soos bo beskryf. 
  • Indien jy nie bogenoemde instruksies suksesvol kan installeer nie, meld asb. ’n versoek aan met die onderwerp “Update Adobe license” op die ICT Partner Portal. Hou in gedagte dat ons met hierdie opsie nie onmiddellike hulp kan waarborg nie.

(English) How do I report phishing?

Donderdag, Oktober 17th, 2019

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

 

© 2013-2020 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.