Tydens die Junie / Julie vakansie het Mathildi Heydenrych ‘n somerskool in Leipzig bygewoon. Hier is haar verslag:
Voorbereiding:
In Junie 2011 het ek die groot voorreg gehad om `n somerskool in Leipzig, Duitsland by te woon. Die onkostes is gedek deur `n beurs wat ek van die Departement Moderne Vreemde Tale ontvang het. Die beurs het ingesluit die kursusgeld (boeke ens.), verblyf in Leipzig (wat internet toegang insluit) asook vervoer-onkostes binne die stadsgrense van Leipzig vir die duur van die program. Die beurs is einde April, begin Mei toegeken en met die naderende eksamens was my voorbereidingstyd redelik beperk.


