Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.
Biblioteek- en Inligtingsdiens jaarverslag 2022
Die Biblioteek- en Inligtingsdiens deel graag sy Jaarverslag 2022 met u. Hierdie jaarverslag bevat inligting oor die aktiwiteite wat die Biblioteek onderneem het om sy strategiese doelwitte, wat belyn is met die Universiteit se Visie 2040 en die Strategiese Raamwerk 2019-2024, te bereik. Lees oor ons vele suksesse, insluitend ons gehaltebeoordeling, opknapping van die ruimtes en infrastruktuur in die US Biblioteek, Biblioteeknavorsingsweek, bekendstelling van die Edwin Cameron-versameling en -leeskamer, Ooptoegangweek, die bevordering van digitale akademieskap, ons dienste, hulpbronne en vennootskappe, en die besoekers wat ons ontvang het. Ons buigsame en aanpasbare personeel gaan voort om goeie vordering op nasionale en internasionale gebied te maak.
Vir meer inligting kontak Bronwyn Bruton bronwynb@sun.ac.za +27 21 808 9528.
(English) Library hosted SU Law Clinic interns from Hasselt University
(English) Cameron Collection launched and ready for use at SU Library
(English) Library Senior Director at World Science Forum
Herinnering aan opsies vir ooptoegangpublikasie aan die US
Hierdie dokument dien as ’n herinnering aan die opsies wat beskikbaar is vir US-navorsers om gratis (of met verminderde koste) in ooptoegangtydskrifte te publiseer.
Oor die afgelope twee jaar het die Biblioteek- en Inligtingsdiens ooreenkomste aangegaan met uitgewers wat dit vir US-navorsers moontlik maak om gratis (of met verminderde koste) in ooptoegangtydskrifte te publiseer. Ons het egter besef dat daar steeds navorsers is wat nie van hierdie voordele bewus is nie. Ons moedig daarom navorsers aan om van hierdie opsies gebruik te maak en ook om dit onder hul kollegas se aandag te bring.
Die volgende uitgewers bied gratis ooptoegangpublikasie vir US-navorsers:
- Association for Computing Machinery (ACM)
Die ooreenkoms laat korresponderende US-outeurs toe om sonder enige koste ’n onbeperkte aantal artikels met oop toegang by ACM te publiseer. - Cambridge University Press (CUP)
Ingevolge die ooreenkoms kan korresponderende US-outeurs sonder enige koste artikels met oop toegang in CUP-tydskrifte - Emerald
Die ooreenkoms laat korresponderende US-outeurs toe om sonder enige koste ’n beperkte aantal artikels met oop toegang te publiseer in die Emerald titels waarop die US inteken. - Institution of Mechanical Engineers (IMechE)
Korresponderende US-outeurs kan sonder enige koste ’n onbeperkte aantal artikels met oop toegang in IMechE tydskrifte - SAGE
Korresponderende US-outeurs kan ‘n onbeperkte aantal artikels gratis met oop toegang in SAGE se hibriede titels (SAGE Choice) publiseer of hulle kan ‘n afslag van 20% kry op die publikasiekoste van SAGE se lys van Pure Gold Open Access Journals. - Sponsoring Consortium for Open Access Publishing in Particle Physics (SCOAP³)
Die vennootskap maak dit vir korresponderende US-outeurs moontlik om gratis met oop toegang in SCOAP³-tydskrifte te publiseer. - Wiley
In 2022 mag US-outeurs in Wiley se hibriede tydskrifte gratis met oop toegang publiseer. Vanaf 2023 sal die Wiley Gold ooptoegangtydskrifte en die Hindawi tydskrifte ingesluit word.
Hierdie uitgewers bied afslag op ooptoegangpublikasiefooie:
- MDPI
Korresponderende US-outeurs wat by MDPI publiseer, sal ’n afslag van 10% op die publikasiekoste kry. - Royal Society of Chemistry
US-outeurs kry 15% afslag op RSC se ooptoegangpublikasiekoste. Die eerste vier artikels wat per jaar deur enige US-outeur by RSC ingedien word, sal gratis gepubliseer word. - Springer Nature
Outeurs wat artikels onder US-affiliasie indien, kry 15% afslag op BMC, Springer Open en Palgrave Macmillan Open se publikasiefooie.
Raadpleeg asseblief die biblioteekgids by https://libguides.sun.ac.za/OApublishing vir meer inligting oor die uitgewers en vir die titels wat kwalifiseer vir ooptoegangpublikasie. Kontak gerus ook jou fakulteitsbibliotekaris of vir Caretha Nel by caretha@sun.ac.za of 021 808 4433.
1 Desember 2022
Regter Edwin Cameron Versameling
Die Biblioteek- en Inligtingsdiens het in 2021 die versameling van oudregter Edwin Cameron ontvang. Die versameling word as deel van Spesiale Versamelings in die Biblioteek gehuisves en is nou gereed vir gebruik deur navorsers.
Regter Cameron is in 2020 as Kanselier van Universiteit Stellenbosch aangestel. Edwin Cameron SCOB, in Pretoria gebore op 15 Februarie 1953, is ‘n voormalige regter wat as regter van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika gedien het en vanaf 1 Januarie 2020 deur President Ramaphosa as inspekterende regter vir korrektiewe dienste aangestel is. Hy is bekend vir sy MIV- en gay-aktivisme.
Cameron se vroeë loopbaan het die akademie en regspraktyk gekombineer. Hy het van 1983 tot 1994 by die Johannesburgse Balie gepraktiseer en van 1986 was hy ‘n menseregteprokureur by Wits se Sentrum vir Toegepaste Regstudie waar ‘n professoraat in die regte in 1989 aan hom toegeken is. Sy praktyk het arbeidswet, die verdediging van ANC vegters wat van verraad aangekla is, gewetens- en godsdiensbeswaar, grondbesit en gedwonge verskuiwings, en gaygelykheid ingesluit.
Regter Cameron is ‘n alumnus van Universiteit Stellenbosch en in sy aanvaardingstoespraak het hy die volgende gesê: “The joy of being associated with the University that is so clearly on the way up – up in intellectual output, up in teaching skills, up in research and scholarly publications, up in international renown, up even (though this counts the least) in international ranking. Joy particularly in being able to preside over quite a number of graduation ceremonies over the last two and a half years. It has been an honour to confer degrees and witness elated students graduating, some the first in their families to attend a tertiary institution” (Cameron, 2022).
Die Cameron versameling pryk langs ander versamelings van US Kanseliers soos Frederik van Zyl Slabbert. Die versameling is gesorteer en geïndekseer en ‘n inventaris is hier beskikbaar. Die versameling bevat publikasies en toesprake deur Cameron sowel as materiaal oor sy vrywillige gemeenskapsdiens. Dit bevat ook materiaal rakende sy loopbaan en jare as Regter van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika. Ons nooi studente, navorsers en lede van die publiek uit om hierdie unieke versameling, wat op 6 Desember vanjaar bekendgestel word, te besigtig.
Vir navrae oor die versameling, kontak asseblief me Marieta Buys, Hoof: Spesiale Versamelings (hmbuys@sun.ac.za).
Bibliografie:
Cameron, E. 2022. Stellenbosch University deserves to be free from hate and degradation. News24. [Online]. Available from https://www.news24.com/news24/opinions/columnists/guestcolumn/edwin-cameron-our-dignity-demands-we-have-capable-institutions-and-a-capable-government-20220518.
US dra by tot die State of Open Data Report 2022
Die Universiteit Stellenbosch (US) se Biblioteek- en Inligtingsdiens is ’n voorstander van oop data, soos geïllustreer deur die feit dat SUNScholarData, die Universiteit se navorsingsdatabewaarplek, deur die Biblioteek gehuisves word. Oop data is toeganklik vir almal en kan deur enigeen versprei word. Die voordeel hiervan is onder andere dat deursigtige en doeltreffende navorsing en besluitneming verseker word.
Figshare doen elke jaar ’n opname oor die stand van oop data in die navorsersgemeenskap en publiseer ’n verslag, vergesel van die uitslae van die ondersoek.
Vanjaar is die Biblioteek genooi om ’n bydrae tot die verslag, The State of Open Data Report 2022, te lewer. Samuel Simango, die Biblioteek- en Inligtingsdiens se Bestuurder: Navorsingsdatadienste, het ’n artikel geskryf met die titel “Preparing for South Africa’s proposed open data strategy: lessons from Stellenbosch University”. Hierin bespreek Samuel hoe die Universiteit seker maak dat voldoen word aan die kernaspekte van die Suid-Afrikaanse oopdatastrategie soos verwoord in die voorgestelde nasionale data- en wolkbeleid. Samuel se bydrae kan hier gelees word.
(English) Japanese exhibition
Biblioteekgids vir Navorsingsdatabestuur
Sukkel jy met sekere aspekte van die bestuur van jou navorsingsdata? Het jy ’n behoefte aan meer inligting oor die bestuur van navorsingsdata aan Universiteit Stellenbosch sodat jy jou data meer effektief kan bestuur of sodat jy die Universiteit se studente en navorsers beter kan ondersteun? Indien wel, is die biblioteekgids vir navorsingsdatabestuur jou antwoord. Hierdie aanlyn inligtingsbron is pas deur die Biblioteek en Inligtingsdiens gepubliseer en verskaf ’n oormaat van inligting wat verband hou met verskillende aspekte van die bestuur van navorsingsdata. Die volgende onderwerpe word gedek:
- Die beplanning van databestuur
- Die skep en versamel van data
- Dataprosessering
- Data-analise
- Die publiseer van data
- Die Navorsingsdatabestuur (NDB) Avontuurspeletjie
- Die beheer van navorsingsdatabestuur by Universiteit Stellenbosch
- Navorsingsdatadienste aangebied deur die Biblioteek en Inligtingsdiens
Indien jy daarin geïnteresseerd is om jou vaardighede ten opsigte van navorsingsdatabestuur te verbeter of om beter ondersteuning vir navorsingsdatabestuur te bied, kliek hier vir toegang tot die biblioteekgids vir navorsingsdatabestuur.