
Die Biblioteek- en Inligtingsdiens het in 2021 die versameling van oudregter Edwin Cameron ontvang. Die versameling word as deel van Spesiale Versamelings in die Biblioteek gehuisves en is nou gereed vir gebruik deur navorsers.
Regter Cameron is in 2020 as Kanselier van Universiteit Stellenbosch aangestel. Edwin Cameron SCOB, in Pretoria gebore op 15 Februarie 1953, is ‘n voormalige regter wat as regter van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika gedien het en vanaf 1 Januarie 2020 deur President Ramaphosa as inspekterende regter vir korrektiewe dienste aangestel is. Hy is bekend vir sy MIV- en gay-aktivisme.
Cameron se vroeë loopbaan het die akademie en regspraktyk gekombineer. Hy het van 1983 tot 1994 by die Johannesburgse Balie gepraktiseer en van 1986 was hy ‘n menseregteprokureur by Wits se Sentrum vir Toegepaste Regstudie waar ‘n professoraat in die regte in 1989 aan hom toegeken is. Sy praktyk het arbeidswet, die verdediging van ANC vegters wat van verraad aangekla is, gewetens- en godsdiensbeswaar, grondbesit en gedwonge verskuiwings, en gaygelykheid ingesluit.
Regter Cameron is ‘n alumnus van Universiteit Stellenbosch en in sy aanvaardingstoespraak het hy die volgende gesê: “The joy of being associated with the University that is so clearly on the way up – up in intellectual output, up in teaching skills, up in research and scholarly publications, up in international renown, up even (though this counts the least) in international ranking. Joy particularly in being able to preside over quite a number of graduation ceremonies over the last two and a half years. It has been an honour to confer degrees and witness elated students graduating, some the first in their families to attend a tertiary institution” (Cameron, 2022).
Die Cameron versameling pryk langs ander versamelings van US Kanseliers soos Frederik van Zyl Slabbert. Die versameling is gesorteer en geïndekseer en ‘n inventaris is hier beskikbaar. Die versameling bevat publikasies en toesprake deur Cameron sowel as materiaal oor sy vrywillige gemeenskapsdiens. Dit bevat ook materiaal rakende sy loopbaan en jare as Regter van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika. Ons nooi studente, navorsers en lede van die publiek uit om hierdie unieke versameling, wat op 6 Desember vanjaar bekendgestel word, te besigtig.
Vir navrae oor die versameling, kontak asseblief me Marieta Buys, Hoof: Spesiale Versamelings (hmbuys@sun.ac.za).
Bibliografie:
Cameron, E. 2022. Stellenbosch University deserves to be free from hate and degradation. News24. [Online]. Available from https://www.news24.com/news24/opinions/columnists/guestcolumn/edwin-cameron-our-dignity-demands-we-have-capable-institutions-and-a-capable-government-20220518.

Sukkel jy met sekere aspekte van die bestuur van jou navorsingsdata? Het jy ’n behoefte aan meer inligting oor die bestuur van navorsingsdata aan Universiteit Stellenbosch sodat jy jou data meer effektief kan bestuur of sodat jy die Universiteit se studente en navorsers beter kan ondersteun? Indien wel, is die biblioteekgids vir navorsingsdatabestuur jou antwoord. Hierdie aanlyn inligtingsbron is pas deur die Biblioteek en Inligtingsdiens gepubliseer en verskaf ’n oormaat van inligting wat verband hou met verskillende aspekte van die bestuur van navorsingsdata. Die volgende onderwerpe word gedek:
Ná die herroeping van die oorblywende nasionale Covid-19-regulasies op 22 Junie 2022 en ’n verklaring deur die Viserektor: Sosiale Impak, Transformasie en Personeel op 24 Junie, het die Biblioteek (US Biblioteek sowel as takbiblioteke) besluit om die volgende veranderinge te implementeer:
Vanaf 27 Junie 2022 is daar nie meer ‘n beperking op die aantal kliënte nie en die biblioteekgeboue kan tot hul volle kapasiteit gevul word. Die besprekingstelsel is nie meer van toepassing nie, behalwe in die geval van die Innovasieruimte, die Ouditorium en sommige seminaarkamers in die US Biblioteek.
Personeel en studente word daaraan herinner dat hulle nie sonder hulle personeel- of studentekaarte toegang tot die biblioteekgeboue sal kry nie.
Die Biblioteek is besig om ‘n nuwe toegangsstelsel vir besoekers (soos alumni, voornemende nagraadse student en skoolleerders) te implementeer. Totdat die nuwe stelsel in plek is het besoekers nie instaptoegang tot die biblioteke nie.
Besoekers wat kwalifiseer vir uitleenvoorregte mag
Indien jy een van die 1 147 kliënte was wat verlede jaar gepraat het deur die Biblioteek se biblioteekopname te voltooi, het jy dit vir die Biblioteek moontlik gemaak om vas te stel waar ons goed doen, maar ook waar ons moet verbeter. Hier onder gee ons terugvoer en dui aan wat ons gaan doen in antwoord op wat jy gesê het.
Dit is vir ons aangenaam om bekend te maak dat die US Biblioteek se Opknappingsprojek voltooi is. Konstruksie het in Februarie 2021 begin en is aan die begin van Mei 2022 voltooi. Die amptelike oorhandiging aan die Biblioteek het op 13 Mei 2022 plaasgevind. Behalwe vir enkele haakplekke, is die projek nou afgehandel.


