Voornemende Studente
Ons sien daarna uit om jou by Matieland te verwelkom! Indien jy vir verblyf by Helshoogte wil aansoek doen, is dit belangrik dat jy die plasingsproses verstaan:
- Voltooi die Universiteit se aansoekvorm.
- Op hierdie aansoek vir die Universiteit, maak seker dat jy Helshoogte as jou eerste keuse merk.
Hoe werk die plasingsproses?
- Besprekings word eerste gedoen op grond van akademiese kriteria.
- Die plasingsproses is teen die einde van Oktober voltooi. Indien u nie aanvanklik gekwalifiseer het nie, kan u uself op die waglys plaas.
- Met inagneming van diversiteitsfaktore word plasings vanaf die waglys gedoen totdat die Universiteit die volgende akademiese jaar begin en daarna deurlopend op grond van oop plekke.
- Plasings in ‘n spesifieke koshuis kan ongelukkig nie gewaarborg word nie.
U is welkom om die webwerf vir studenteverblyf te besoek of om ons te kontak indien u enige ander vrae het.
