Inwonende Hoof

Welkom by die Helshoogte webtuiste! Of jy nou ’n nuuskierige voornemende Helshoogter, ouer, ’n huidige lid van ons gemeenskap, alumni, of bloot net besig is om deur te blaai, is dit vir my ’n voorreg om jou hartlik welkom te heet.

As jy dalk gewonder het: Helshoogte is net die regte plek vir jou! Daar is geen stereotipes nie en geen noodsaaklikheid om “in te pas” nie – ons doel is om die egtheid binne mekaar te omhels terwyl ons saamwerk om ‘n florerende, diverse studentekoshuis te bou. Helshoogters werk hard daaraan om aan die gemeenskap te bou – dit beteken soms dat ons moeilike gesprekke voer, foute maak of uitdagings ervaar – ons is almal mens – maar die einddoel bly altyd om gehoor en verstaan te word, en om te weet jy behoort as lid van hierdie Huis.

Ek het in 2012 ‘n Baccalaureus Scientiae-graad voltooi, asook verdere nagraadse studies aan die US. Benewens die feit dat ek die Inwonende Hoof van Helshoogte is, werk ek in IT, waar ek ‘n rol speel in die universiteit se institusionele projek om ERP-stelsels te vernuwe en te implementeer.

My eie reis in die Helshoogte-gemeenskap het in 2014 begin met my aanstelling as Inwonende Hoof, ‘n rol wat behels die handhawing van kontinuïteit, die omsien na die belange van Helshoogters, die woning self, en die gee van advies of insette wanneer nodig. Ek glo vas dat Helshoogte aan sy inwoners ‘n platform bied om te kan uitblink in akademie, sport, sosiale of kulturele sfere. Wat nóg beter is, is dat jy waarskynlik baie van hierdie aspekte met jou dag-tot-dag lewe hier in die koshuis sal kan integreer. Die universiteit is die eerste stap in jou volwasse-lewensreis en Helshoogte is net die plek om dit te begin!

Dis al.

Luke Cuff
Inwonende Hoof

Kontak besonderhede