Elektroniese afval (e-afval) is die term wat gebruik word om verouderde of weggooi-toerusting wat met elektrisiteit werk, te beskryf. Dit sluit rekenaars, enige elektroniese toerusting, batterye, ens. in wat uit die weggeruim is deur die oorspronklike eienaars.
Die toksiese inhoud van e-afval as gevolg van sekere bestanddele, soos lood, kwik, kadmium en ander stowwe hou `n gevaar in vir die mens se gesondheid en ekosisteme. Wanneer e-afval afbreek en nie op die korrekte manier van ontslae geraak word nie, kan die giftige stowwe in grond en grondwater beland. Die materiaal waarvan hierdie produkte gemaak is, kan eerder herwin word om rou materiaal te skep wat weer gebruik kan word. Gevolglik word minder energie gebruik (sowel as koolstofuitskeiding) vir vervaardiging, myn en prosesering.
Die onvolhoubare, vinnige omset van verouderde elektronika en rekenaartegnologie is nog `n geldige rede vir herwinning – of selfs beter – vir die hergebruik van e-afval.
Vir meer inigting: www.ewasa.org
Wat gebeur met e-afval?
Kontrakteurs skei die artikels in die volgende drie kategorieë. Items wat
- opgeknap kan word,
- herwin kan word en
- veilig ontslae van geraak moet word.
Opknapping van toerusting en rekenaars skep weer opsigself werk en hierdie items word dan weer gebruik in behoeftige skole en gemeenskappe. Nuttige, skaars en waardevolle metale en ander stowwe word verwyder dmv herwinning, terwyl giftige e-afval in spesiale gevaarlike afvalfasiliteite gestort word. Voorbeelde van sulke items sluit ou rekenaarskerms (CRT’s) en fluoorbuise in.
Vinnige feite
Tans koop die universiteit gemiddeld 500 nuwe rekenaars per jaar aan (sonder `n merkwaardige groei in die bateregister). Dit impliseer natuurlik dat die jaarlikse stroom e-afval van soortgelyke omvang is. Op enige gegewe tyd is daar 8000 rekenaars op kampus, met meer as 5000 in koshuise. `n Rekenaar word elke 4 tot 5 jaar vervang en dus kan die hoeveelheid e-afval nog meer wees.
Die IT-afdeling TAS (toegangsbeheer) raak elke jaar van tussen 300-400 lood suurbatterye ontslae.
Nou kan jy al jou ou rommel vir IT bring en ons sal daarvan ontslae raak VIR jou. Kliek hier vir meer inligting.
Tags: e-afval, volhoubare IT
Hi Marie,
inligting oor e-afvalverwydering kan gekry word by https://stbsp01.stb.sun.ac.za/innov/it/it-help/Wiki%20Pages/E-waste.aspx
Waarnatoe kan ou rekenaars, etc geneem word? Sover ek kan agterkom word daar nie iewers in die artikel gese waar presies ons kan gaan om ontslae te raak van e-afval nie. DANKIE