Daar word sedert die afgelope naweek ernstige probleme met die netwerktoegang op die koshuissegment van die US-netwerk ondervind.
IT se netwerkingenieurs werk sedert Maandag onverspoosd aan `n oplossing vir die probleem. HUAWEI en First Tech is sedertdien ook betrek om die proses te probeer bespoedig.
Ons is deeglik bewus van die ongerief wat die huidige netwerk-onstabiliteit veroorsaak, veral gedurende hierdie kritieke tyd van die jaar.
Wees asseblief verseker dat ons alles binne ons vermoë doen om die situasie so gou as moontlik op te los.