Ons hoor gereeld mense praat van bandwydte en ons weet ook dat hoër bandwydte `n goeie ding is. Maar wat beteken “bandwydte”?
Bandwydte, as dit in rekenaarterme gebruik word, is die hoeveelheid data wat oorgedra kan word binne `n sekere periode deur middel van `n verbinding. Die spoed van internetverbindings, plaaslike netwerkverbindings en selfs plaaslike verbindings tussen rekenaars en toestelle word dikwels gemeet in terme van bandwydte.
Bandwydte word normaalweg aangeteken in `n bits-per-sekonde eenhede. Jy sal dus gereeld hoor dat internetverskaffers spog dat hulle beste tuis internetverbinding 50Mbit/s kan verskaf of die universiteit se netwerkverbindings opgegradeer gaan word na 10Mbit/s.
BRON: www.howtogeek.com
Pietman, dalk is dit veiliger dat ons dit nie weet nie:)
Nuttige stukkie inligting. Wonder net wat die bandwydte van die menslike brein is!