Te danke aan die Universiteit se samewerking met SANREN en die implementasie van die Fortigate vuurmuur, kan kampusgebruikers nou uitsien na laer internetkostes en `n vinniger, meer stabiele internetverbinding. Beide hierdie projekte was nodig omdat die universiteit se verbruik van bandwydte elke jaar bykans verdubbel het vir die afgelope 8 jaar. Ten spyte van hierdie drastiese toename, is internetkostes nooit verhoog nie.
TARIEWE VIR INTERNETGEBRUIK VANAF 1 JANUARIE 2013
Tarief A @R0.02/MB: Maandag-Vrydag: 08h00-23h59
Tarief B @ R0.01/MB : Maandag-Vrydag: 00h00-07h59, sowel as Saterdae en Sondae
Neem kennis dat die relevante tariewe word bepaal deur die dag en tyd wanneer die afgelaaide data proses voltooi is.
•Voorbeeld 1: As jy Maandag 16:55 `n leêr begin aflaai van 3 MB en die proses is voltooi teen 17:10, sal die tarief vir Maandag 17:10 van toepassing wees.
•Voorbeeld 2: Indien dieselfde leêr afgelaai word vanaf Maandag 07:55 tot 08:10, sal die tarief vir Maandag 08:10 toegepas word.
Much welcomed!