Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Rekenaar nodig om gewig te verloor?

Gedink jy is die enigste een met`n behoefte het om gewig te verloor na gisteraand se McDonalds happy meal? Jou rekenaar voel dieselfde – om ander redes.

 Ons stel nog `n nuwe tech term aan julle bekend – bloatware.

Vervaardigers, soos Dell en Lenovo, installeer deesdae onnodige sagteware saam met Windows op die rekenaars wat hulle aan kliënte verskaf.

Dit sluit proeflopies van anti-virus sagteware en nagware in wat hoofsaaklik loop wanneer jou rekenaar aanskakel en dan die spoed drasties verminder. Vervaardigers word selfs in sommige gevalle betaal om hierdie sagteware in te sluit. 

`n Tweede variasie van sagteware bloat vind plaas wanneer agtereenvolgende weergawes van `n rekenaarprogram al stadiger reageer en onnodig meer geheue en verwerkingskrag vereis. Jou rekenaar mag in dié geval skielik groter hardeware behoeftes hê as voorheen.

Deel van die probleem word veroorsaak deur ongewensde en ongebruikte sagteware wat agterbly nadat installasies voltooi is. Selfs wanneer die program verwyder is, bly data steeds agter. Oor tyd neem hierdie onnodige sagteware nie net spasie op die hardeskyf op nie, maar mors dit ook kosbare geheue en verwerkingstyd.

Rekenaargebruikers gebruik slegs `n minimale hoeveelheid van die sagteware wat op hulle rekenaars gelaai word en beskou die res as onnodige bloatware.

Apple iTunes en Microsoft Windows is beide al uitgewys as die swartskape. Met Windows 8 is `n poging aangewend teen bloatware deur die opsie aan gebruikers te gee om rekenaars skoon te maak.

Ten spyte hiervan bly bloatware `n groot teerpunt met Windows-rekenaars. Rekenaars met Windows word steeds verskaf met onnodige sagteware wat jou rekenaar oorvol en stadig maak.

[SOURCE: www.wikipedia.org & www.howtogeek.com]

2 Responses to “Rekenaar nodig om gewig te verloor?”

  1. Sonja van der Westhuizen says:

    Definitely. We might do a follow-up with more information.

    Thanks Lizzy!

  2. Lizzy says:

    Maybe you should tell people how to remove bloatware too.

    e.g. decrap.org

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.