Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

WikiWand – `n nuwe voorkoms vir Wikipedia

Die gebruik van Wikipedia as verwysing is deesdae deel van ons daaglikse aanlyn roetine. Ons het gewoond geraak aan sy eenvoudige, basiese koppelvlak en vir sommige gebruikers is dit juis wat dit effektief en funksioneel maak.

Wikipedia se uitleg het egter nog glad nie verander sedert 2004 nie en vir Lior Grossman en Ilan Lewin was dit verouderd, by tye glad nie gebruikersvriendelik nie en frustrerend om te gebruik. By tye lyk Wikipedia se koppelvlak volgeprop en moeilik om te navigeer.

Om hierdie probleme aan te spreek het hulle in Augustus 2014 WikiWand, `n ekstra webblaaier funksie, bekendgestel.

WikiWand is beskikbaar vir Chrome, Firefox en Safari en kan binne sekondes geinstalleer word. Dit gee dadelik vir Wikipedia gebruikers `n ander voorkoms vir hulle Wikipedia-bladsye.

Met die eerste oogopslag is die grootste verandering die gebruik van groot fotos en `n duidelike meer visuele uitleg. Selfs die duimnaelsketse is meer sigbaar. (sien die voorbeeld onder)

wikiwand

Die tipografie is verander na `n serif lettertipe – `n keuse wat tipiies moeiliker is om te lees. WikiWand het alreeds kritiek ontvang hieroor en mag dit moontlik in die toekoms deur iets meer leesbaar vervang.

Ander veranderinge het meer impak op `n praktiese vlak en sluit makliker navigasie en rondblaai tussen verskillende afdelings en bladsye in. `n Inhoudsopgawe bly staties aan die linkerkant van die bladsy, selfs wanneer jy wissel tussen afdelings. Geen eindelose heen en weer gerol nie! Wikipedia het nie hierdie funksie nie en dis `n waardevolle toevoeging.

Addisioneel word die afdeling wat jy op `n spesifieke oomblik lees, verlig op die kant-spyskaart. `n Navigasiestrook, skakels na ander tale en `n knoppie as jy inligting wil deel, is ook ingesluit.

Een van WikiWand se grootste voordele is sy vermoeë om `n voorskou te gee van artikels waarheen daar skakels is. Met ander woorde, enige skakel binne in die artikelteks kan gesien word deur die muis oor die skakel te hou. Die voorskou sal vir jou `n kort opsomming gee van die verwante onderwerp sonder dat jy daarop hoef te kliek.

As WikiWand nie heeltemal in jou kraal val nie, is daar heelwat ander hulpmiddele om Wikipedia te verander indien jy so verkies. Lees meer op www.lifehacker.com as jy belangstel.

[SOURCES: www.thenextweb.com, www.lifehacker.com, www.wikpedia.com and www.wikiwand.com]

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.